advertisement
Question
Posted by: Anoniem | 2011/12/06

Swangerskap simptom

Ek is tans 6 weke en 3 dae swanger. Dit is my eerste swangerskap. Ek het vanaf week 3 tot laasweek pyne gehad wat gevoel het soos net voordat mens begin menstrueer. Ek het ook laas Dinsdag ''n klein bietjie spotting gehad (slegs op toiletpapier) en aan en af van toe af tot Sondag dit gehad. My maag pyn egter nou nie meer nie en die spotting is weg. Ek het die 19de ''n afspraak vir my 8 weke sonar. Wat my regtig bekommerd maak is dat ek absoluut geen simptome het nie. Ek is nie naar of niks nie. My tepels is klein bietjie sensitief, maar verder absoluut niks. Is dit normaal of moet ek bekommerd wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Moenie bekommerd wees nie. Jy het heel moontlik implantasie bloeding ervaar en nie 'n miskraam nie. Swangerskap simptome raak meer prominent vanaf week 12 van swangerskap. Indien jy regtig bekommerd is, kan jy vra vir bloedtoetse om vas te stel of daar enige probleme is.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement