advertisement
Question
Posted by: Anoniem | 2011/11/17

Swangerskap

Hi Doc

Baie dankie vir die antwoord op my vorige vraag (no. 1181)

Ek is veronderstel om mô re (dag 3 van my siklus) te begin om my tweede kursus Fertomid te drink, maar ek het nogsteeds nie volle menstruasie nie. Slegs " spotting"  wat slegs wys wanneer ek badkamer toe gaan. Die kleur wissel tussen bruin en pienk.

Ek het vanoggend ''n swangerskap toets gedoen wat negatief was. Kan ek aanneem dat ek definitief nie swanger is nie en voortgaan met die Fertomid?

Ek kan ongelukkig nie ''n dokter gaan sien nie, want ek woon baie ver van een af.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

In lig van die negatiewe swangerskap toets, is dit hoogs onwaarskynlik dat jy swanger is. Jy kan jou tweede Fertomid kursus soos voorgeskryf neem.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Yolande | 2011/11/17

Hi Anomiem,

Ek het jou vorige vraag gaan lees en ek stem saam met die dok.

Dit is dalk moontlik dat jy wel swanger is, indien jy nie kan gaan vir ''n bloedtoets of ondersoek by ''n dokter nie, moet jy net ''n week of wat wag en weer ''n toets doen.

Die urientoetse wys nie altyd al op 2 weke dat jy wel swanger is nie.

Ek het met my eerste swangerskap op 3 weke ''n toets gedoen en die 2de strepie was baie baie lig maar wel daar.

Met my tweede swangerskap het ek al die simptome ervaar en urientoetse gedoen 4 of 5 en dit almal het gewys negatief. Op daardie stadium het ons regtig ernstig probeer. En 3 weke later het ek weer ''n toets gedoen en toe eers is die 2de strepie daar gewees, ook baie lig dat jy dit skaars kon sien maar dit was daar.

Sterkte vir jou hoop van harte dat jy wel swanger is.

Groete,

Yolande

Reply to Yolande

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement