advertisement
Question
Posted by: Belinda | 2008/07/07

Swanger 18 jarige

My man se kinders bly van die begin af by hom, so ek dink nie aan hulle as my stiefkinders nie. Ons is alreeds 10 jaar getroud. Hulle ma het geen -|- ak met hulle nie, dis haar keuse. Daar was in die begin probleme, maar ek dink ons het goed aangepas. Ons pragtige lewe is egter 16 Feb. 2008 verwoes. Die rede ons 18 jarige dogter het uit die bloute besluit sy trek uit die huis uit. Sy gaan bly by haar kerel ( met wie sy toe 2 maande uitgaan) Hulle albei is in graad 12. Sy ouers het dit so aanvaar. Ons het hulle eenkeer gesien in die verby gaan. Ons het geen argumente gehad nie. Haar kerel is ook nog nooit ons huis verbied nie. Sy het haar vererg omdat ons haar vra wat het sy met R1000.00 gemaak in minder as 2 weke. Sy is sonder enige verduideliking weg. Vir ander mense vertel sy klomp leuns. Hoe gebeur so iets. Ek ken nie haar ma nie, maar by verskeie mense het ek gehoor dat sy nie regtig standvastig was nie. Kan die rede vir my dogter se optrede gene wees? Ek glo wel dat opvoeding jou maak of breek en nie wie jou ouers is nie, maar ek kan nie verstaan wat gebeur het nie. Sy het geweier om met enige sieldundige of ds. te praat of selfs met onderwysers. Ek weet nou nog nie wat haar oor die muur gestuur het nie. Van haar vriende het my paar goed vertel waarmee sy haarself heeltemal veronskuldig. Die dinge is glad nie waar nie. Ek het verskeie briewe vir haar geskryf maar geen antwoord oor wat die probleem is nie. Dis n baie moeilike tyd vir ons eendag is jy so hartseer en dan voel jy weer so woedend en magteloos. Ek dink werklik nie die vraag oor die geld was so verkeerd nie, mens hoor geduurig van al die dinge waarmee kinders hulle besig hou. Ons het haar nog altyd vertrou, sy het selfs op haar eie in ons besigheid gewerk, waar sy kon geld vat sonder dat ons dit geweet het. Sy het ons ook intussen per sms laat weet sy is swanger. Ons is verpletter. Sy was nie swanger toe sy uit die huis uit is nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

If she's 18, she's legall entitled to be fioolish and to make really bad decisions. Shouldn't she handle her own problems ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Anon | 2008/07/09

Sy is nog lank nie mondig nie. Ek geen nie om wat die wet se nie, n kind is mondig op ouderdom 21. Dis soos Gracie gese het, as sy grootmens dinge wil doen, dan moet sy die gevolge dra soos n grootmens. Nee wat, jy moet maar net sterk wees en haar los dat sy haar gang gaan. Julle het gedoen wat julle in terme van opvoeding, maar sy moet nou maar net leer. Sy moet ook net weet dat daar nie n ding is van terug hardloop na mamma en pappa toe as dinge te warm raak nie. Sy moet maar net leer om nou op haar eie voete te staan. Dis nou jammer, maar dis hoe dit is.

Reply to Anon
Posted by: Belinda | 2008/07/09

Ek weet al die goed, maar dis vrek moeilik. Jy kan nie net jou kind laat gaan net omdat sy mondig is nie. Sy is die enigste een met die antwoorde maar weier om dit te gee. Al wat ons nou maar doen is bid en hoop.

Reply to Belinda
Posted by: Anon | 2008/07/08

Skies vir my spelfoute netnou!!

Reply to Anon
Posted by: Leez | 2008/07/08

Carry on with your life - she's not your problem....

Reply to Leez
Posted by: Anon | 2008/07/08

Ek stem. Tough love is al wat die juffroutjie nodig het. Om nie van n moerse pak slae (swanger of te not) te praat nie. Waar is haar respek vir haar ouers. Ek die boyfriend se ouers wat toelaat dag n meisie by hulle intrek en hulle seun is ook net 18. Daar neem ek die ouers kwalik. Waar slaap hulle, aparte kamers?? Die dat jul dogter swanger is. Nee wat, touch love is nou al wat sy nodig het. Wees sterk en laat sy maar leer uit haar foute. Hopelik kry se die nodige respek terug wat sy heel duidelik iewers langs die pad verloor het.

Sterkte vir julle!!!

Reply to Anon
Posted by: Gracie | 2008/07/08

Ek stem saam met CS! Sy het haar bed gemaak en nou moet sy maar daarin le! As sy grootmens dinge wil doen moet sy maar die nagevolge en verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. Ek is jammer vir julle, maar dis nie julle skuld wat gebeur het nie. Sy het 'n keuse gemaak toe sy weggeloop het - niemand het haar gedwing om dit te doen nie. You make bad choices in life and you have to suffer the consequences - that's just how it is! Sterkte en onthou wat sy gedoen het en die keuses wat sy gemaak is, is haar eie skuld en sy moet dit maar regmaak. As mense nie wil hoor nie, moet hul maar voel!

Reply to Gracie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement