advertisement
Question
Posted by: El | 2008/12/21

SWAMME OF GALBULTE?????

Hi
Ek sukkel al ' n hele paar jaar met iets wat soos ' n swam of ringwurm lyk. Dit het hoofsaaklik begin met ' n klein kolletjie wat vreeslik jeuk. Soms vergeet ' n mens daarvan en krap die " Jeukplek"  wat natuurlik dan pyn veroorsaak en baie teerheid. Nou sit ek egter met ongeveer 10 van die kolle wat bloedrooi en verskriklik gevoelig is, en dit wil nie weggaan nie nadat ek nou al 3 keer by die dokter was en elke keer verskillende swamsalf ontvang en opgebruik het. Dit is nou ongeveer al drie maande later.... Een is op my rug, een op my regter skouer, my regter arm het een op en voor op my bors het ek 3. Aan elke kant van my gesig het ek twee. Dit is voor my oor. Die in my gesig swel effens op. Twee van die kolle het nou-al vergroot. Een by my linker oor is ongeveer die grootte van ' n vyftig sent stuk, en een op my bors is ongeveer 5cm in deursnee. Die een op my skouer is omtrent die grootte van ' n R5 stuk.
Ek het eers gedink ek kry dit van die son, want ek slaan knoppe uit van die son, maar ek kom nie regtig in die son nie. Ek het nou egter ' n artikel gelees wat se dat " galbulte"  ' n simtoom van skildklier-probleme kan wees, en aangesien ek 7 jaar met ' n onder aktiewe skildklier sukkel, wonder ek of dit dan galbulte is aangesien die salf niks help nie. Wat kan ek dan doen om die goed weg te kry as dit " Galbulte"  is, en wat is galbulte? Wat veroorsaak dan Galbulte?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek raai jou sterk aan om 'n afspraak met 'n dermatoloog te maak, sodat 'n vel biopsie geneem kan word om sodoende 'n histologiese diagnose te kan maak.

Die letsels klink baie soos 'n vorm van numilere ekseem of 'n vorm van dermatitis. Maak seker dat jy die dermatoloog verwittig van jou onderaktiewe skildklier en die medikasie wat jy daarvoor gebruik.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: veronica | 2016/02/14

Hi ek sit met soortvan dieselfde probleem. Toe ek swanger was met my dogter het ek kolle begin kry wat soos soriase lyk en dit was net op my been, nou is dt al my hele lyf vol en. Dit lyk nie meer net soos soriase nie, dokter se dit kan n swam wees maar die salwe wat hy gee werk nie

Reply to veronica
Posted by: Anthon | 2014/01/11

My voorarms albei kante bly jeuk. Krap ek jeuk dit meer. Net koue ysblokke help en ook as ek dit verbind met verbande. Watter medikasie sal help

Reply to Anthon
Posted by: Elize | 2013/05/20

Ek kry n rooi opgehewe knopperige uitslag op my voorarms, soms jeuk dit ook erg. Die vorige keer was die uitslag onder my borste ook! Ek het n kortisoonsalf wat ek aansmeer, deur die dr voorgeskryf. Dit word beter met die salf en gaan weg en los n bruin vlek dan. Die dr dink dis van stres maar ek het die simptome van galbulte gesien en wonder of dit nie dit is nie? Ek is deur n traumatiese stresvolle tyd maar dis nou verby.

Reply to Elize
Posted by: kim | 2009/03/01

my child suffers from exactly the same problem. I would love to know what it is. it is worse when the water is colder than normal and happens in salt/chlorine pools and even the sea?

any ideas?

Reply to kim
Posted by: eline | 2009/02/02

as my kind swem en hy klim uit het hy sulke jeukerige rooi veluitslag oor sy hele lyf. hy gaan klim onder die warm stort in en dan verdwyn die uitslag. is dit dalk galbulte en as dit is wat kan ons daaraan doen?

Reply to eline

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement