advertisement
Question
Posted by: Eugene | 2011-01-07

Swaminfeksies

Hallo dok

Ek is 33 (man) en ly aan interstisiele sistietis. Ek was in remissie vir omtrent 3 maande sover, maar voor dit het ek erg pyn gehad vir 4 maande, wat veroorsaak was deur ''n antibiotika (amoxil 500mg drie keer ''n dag vir ''n tand abses). Ek moes nou laasweek egter die tand laat trek en die tandarts het vir my augmentin 375mg drie keer ''n dag gegee. Ek het lp299v elke dag gedrink met die antibiotika, maar nou begin my blaas weer pyn en brand. Ek het dit laat toets en dis nie ''n blaasinfeksie nie.

Nou wil ek net hoor of dit moontlik is dat ek ''n swaminfeksie kon ontwikkel het? Ek het geen uitslag of rooiheid nie, so ek weet nie of dit dalk binne die blaas self kan wees nie. As ek het, hoe sal ek weet en kan ''n mens dit laat toets in mans?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Eugene

Ek stel voor dat jy 'n uroloog vir 'n sistoskopie konsulteer. 'n Sistoskopie is 'n manier om 'n visuele diagnosie van die blaas te maak.

Groete





Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement