advertisement
Question
Posted by: Sue | 2009/09/08

Swaminfeksies

My dogter ly aan pcos en ibs.Sy kry gereelde swaminfeksies(in haar mond,onder haar arms,vaginaal en tussen haar boude) wat baie erg is.Diarree wat daarmee gepaard gaan vererger die simptome.Sodra sy antibiotika gebruik(soos nou vir mangelontsteking) is dit omtrent buite beheer.Haar huisdr skryf pille en rome voor wat tydelik help.Kan daar ' n interkonneksie tussen die verskillende siektes wees?Watter tipe spesialis moet sy spreek om ' n oplossing vir haar probleem te kry?Hulp sal BAIE gewaardeer word!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sue
swamme groei normaalweg op ons vel en in die vagina, maar wanneer die immuun sisteem onderdruk is, of wanneer die balans versteur word soos met die gebruik van antibiotika, kortisoon of hormoon behandeling, kan dit oorneem en dan simptome veroorsaak. Sien sy 'n ginekoloog vir haar PCOS en kry sy behandeling? Tweedens moet mens kyk of sy immuun probleme het ('n gewone volbloedtelling sal wys of sy genoeg witbloedselletjies het, hulle moet dalk ook haar globuliene toets). Mens moet ook toets vir diabetes. Dit mag help om elke dag 3 keer per dag probiotika te drink om die swam telling in die derm te verminder. Sy kan ook iets soos Mycota voetpoeier in warm areas sprinkel soos onder die arms, borste en in die boudspleet om sweet en infeksie te voorkom. Haar GP kan ook vir haar iets soos Sporanox of Diflucan oraal voorskryf as sy akute infeksie het.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Angel | 2016/08/04

Hello Dr.my nek het net begin jeuk en ek het soos gewoondlik gekrap.nou is daar kole end lyk soos n swam merk. Wat kan ek gebruik on dit weg te kry. Ek weet nie meer wat on op te sit nie. Help ASB.......

Reply to Angel
Posted by: twiggi | 2013/08/29

helo dr, ek sal so bly wees as u my raad kan gee. Ek was al by 2 dermatoloe, het al 3 biopsies gehad, getoets vir kos allergie. Was vir 2mnde op kortisoon en anti histamiene, en het verseker nou n swam (dr het bevestig) . Maar al vir 3mnde. Ek het dit op my maermerries, agter my bene, op my rug en op my bors. Ek gbruik kortisoon saLF wat help daarvoor. Maar die vraag wat ek wil vra is ..hoelank bly die swam in my liggaam? Ek is al 2mnde af van kortisoon pille. Ek kan geen oefening doen nie, my water kan gladnie warm wees nie, enige hitte of sweet vererger dit. Ek is regtig moedeloos...en sal baie dankbaar wees vir enige raad en antwoorde . Groete Twiggi

Reply to twiggi

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement