advertisement
Question
Posted by: Frenly | 2011-01-12

swak sig

Hallo Doc
Ek het al die jare astigmatisme gehad en dra al bril sedert 8 jaar oud (nou 46). Ek het klompie jare terug lasik gehad en so vir 5 jaar nie bril gedra nie. Toe ontwikkel daar katarakte op my oë  en het toe ''n lensoorplanting gehad, sowat 4 jaar terug. Ek was baie ongelukkig daaroor want dit het my van bysiendhei na versiendheid verander en ek moet nou weer permanent bril dra, multifokaal, Ek het baie erg floaters op my oë  en die laaste ruk is dit op my regteroog baie erger. Was in September verlede jaarby ''n oogarts, want die oogkundige het gedink ek het dalk retina-loslating oor my oog skielik baie dof geraak het, behoorlik soos ''n gordyn wat oor die oog gesak het. Hy het egter gesê  dis nie so nie en het my druppels gegee. Ek sukkel sedertdien baie om met die oog tesien, dit is asof die floater nie wegbeweeg as ek oogknip nie, dit voel heeltyd daar sit iets voor my kyker. My oë  is ook baie droog weens die gedurige geknip om te kan sien. Ek is baie lief vir lees, maar doen dit nie meer nie want ek kan nie sien nie... Na die lang storie wil ek graag vra wat u sou aanbeveel, moet ek weer na die oogarts toe gaan of is daar iets anders wat ek kan doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Frenly
Jy moet asb weer die oog spesialis gaan sien, dit klink of daar iets nie lekker is nie, dalk die lens wat geskuif het, of iets anders fout agter in die oog. (moet ook nie skaam wees om 'n tweede opinie te kry nie)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011-01-12

Hallo Frenly
Jy moet asb weer die oog spesialis gaan sien, dit klink of daar iets nie lekker is nie, dalk die lens wat geskuif het, of iets anders fout agter in die oog. (moet ook nie skaam wees om 'n tweede opinie te kry nie)
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement