advertisement
Question
Posted by: ela | 2009/09/09

suurstof

Beste Cyberdoc,

My verloofde was vir n maand in intensief na n ongelu. Hy was verlam a.g.v. die ongeluk en het verskeie inwendige, asook longbeserings opgedoen.
Hy was ge-intubeer, en was vir die volle maand tot en met sy dood, op tussen 90% en 100% suusrstof, asook baie sterk verdowing.
Ek bly wonder wat die uitwerking van die suurstoftoediening op hom sou gehad het as hy sou reggekom het. EK wonder ook hoeveel hy kon hoor wat rondom hom gese is. EK is s bang dokters en verpleegsters het voor hom gepraat oor sy verlamming en sy prognose...
Kan dokter my dalk hieroor inlig?
Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo ela

Ek is so jammer om te hoor van jou verlies. Dit moes nogal erg vir jou gewees het en is seker steeds baie moeilik? Sal spesiaal aan jou dink in hierdie tyd.

Die suurstof toediening sou hom nie benadeel het as hy reggekom het nie - dis net sleg vir vroeggebore babas wat nog moet ontwikkel. As hy verdoof was ( diep genoeg om nie te "gag" van die intubasie nie) is dit onwaarskynlik dat hy sou gehoor het as iemand by hom gepraat het oor sy toestand. (Dis soos narkose)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement