advertisement
Question
Posted by: Susan | 2011/06/04

Suur -en alkaliese droë vrugte

My gesin het onlangs ''''n groot hoeveelheid droë  vrugte gekry. Ek het gedink dit sal alles ''''n alkaliese uitwerking hê  , maar die perskes gee my sooibrand. Dui dit op ''''n suur-uitwerking of nie? Ons het ook pruime, vye, dadels, mango en pere. Is daar van hierdie soorte wat suur veroorsaak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Susan
Die hele konsep van suur en alkaliese reaksies is nogal ingewikkeld. Sekere kosse kan wel veroorsaak dat 'n persoon wat 'n neiging tot oormatige suurproduksie in die maag het, meer suur sal afskei wanneer daardie spesifieke kos geëet word. Dit is 'n individuele reaksie en het niks te doen met die suurinhoud van die kos self nie. Byvoorbeeld sal sommige mense meer suur produseer as hulle witbrood eet, en ander sal meer suur afskei as hulle bruinbrood eet. In jou geval, is dit moontlik dat jy op een soort droë vrug, naamlik die perskes, reageer deur te veel suur in jou maag te produseer wat dan in die slukderm opstoot en sooibrand veroorsaak. Die liggaam as geheel het ook wat bekend staan as 'n “suur-alkali-balans”. Hierdie balans word beïnvloed deur die soort eindproduk wat na metabolisme oorbly in die liggaam, sommige kosse gee 'n suur en ander weer 'n alkaliese eindproduk. Suur eindprodukte word gevorm deur vleis, vis, pluimvee, eiers, kaas, grondboontjiebotter, grondbone, spek, Brazil en okkerneute, alle tipes brood, grane, pasta, vars mielies, bosbessies (“cranberries”), pluime, pruime en koek en beskuitjies. Alkaliese eindprodukte word gevorm as ons die volgende eet: alle melk en suiwelprodukte soos jogurt, amandels, klapperneut, alle tipes groente(behalwe vars mielies en lensies), alle tipes vrugte behalwe die wat hierbo onder suur gelys is. Vette en olies, suiker, heuning, maizena, tapioka en koffie en tee word as neutraal beskou. Dit is dus 'n individuele reaksie in jou geval op perskes en nie die suurinhoud van die perskes voor dit geëet word of nadat dit gemetaboliseer is nie. Aangesien jy so op die droë perskes reageer, sal dit raadsaam wees om dit liewer te vermy. Ek kan nie voorspel of een van die ander droë vrugte ook hierdie reaksie by jou sal uitlok nie. Jy kan miskien klein porsies van elke soort ‘n paar dae uitmekaar eet en jou reaksie dophou om te sien watter van die vrugte by jou die reaksie veroorsaak en watter van die vrugte nie oormatige suurproduksie by jou veroorsaak nie.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/06/04

Beste Susan
Die hele konsep van suur en alkaliese reaksies is nogal ingewikkeld. Sekere kosse kan wel veroorsaak dat 'n persoon wat 'n neiging tot oormatige suurproduksie in die maag het, meer suur sal afskei wanneer daardie spesifieke kos geëet word. Dit is 'n individuele reaksie en het niks te doen met die suurinhoud van die kos self nie. Byvoorbeeld sal sommige mense meer suur produseer as hulle witbrood eet, en ander sal meer suur afskei as hulle bruinbrood eet. In jou geval, is dit moontlik dat jy op een soort droë vrug, naamlik die perskes, reageer deur te veel suur in jou maag te produseer wat dan in die slukderm opstoot en sooibrand veroorsaak. Die liggaam as geheel het ook wat bekend staan as 'n “suur-alkali-balans”. Hierdie balans word beïnvloed deur die soort eindproduk wat na metabolisme oorbly in die liggaam, sommige kosse gee 'n suur en ander weer 'n alkaliese eindproduk. Suur eindprodukte word gevorm deur vleis, vis, pluimvee, eiers, kaas, grondboontjiebotter, grondbone, spek, Brazil en okkerneute, alle tipes brood, grane, pasta, vars mielies, bosbessies (“cranberries”), pluime, pruime en koek en beskuitjies. Alkaliese eindprodukte word gevorm as ons die volgende eet: alle melk en suiwelprodukte soos jogurt, amandels, klapperneut, alle tipes groente(behalwe vars mielies en lensies), alle tipes vrugte behalwe die wat hierbo onder suur gelys is. Vette en olies, suiker, heuning, maizena, tapioka en koffie en tee word as neutraal beskou. Dit is dus 'n individuele reaksie in jou geval op perskes en nie die suurinhoud van die perskes voor dit geëet word of nadat dit gemetaboliseer is nie. Aangesien jy so op die droë perskes reageer, sal dit raadsaam wees om dit liewer te vermy. Ek kan nie voorspel of een van die ander droë vrugte ook hierdie reaksie by jou sal uitlok nie. Jy kan miskien klein porsies van elke soort ‘n paar dae uitmekaar eet en jou reaksie dophou om te sien watter van die vrugte by jou die reaksie veroorsaak en watter van die vrugte nie oormatige suurproduksie by jou veroorsaak nie.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.