advertisement
Question
Posted by: Anne | 2011/11/07

SUUR / BRANDBOUDE

Ek is ''n 45 jarige vrou en het 3 jaar gelede ''n totale kollektomie gehad. My probleem is dat ek byna geen voedsame kosse kan eet sonder om myself te verbrand nie. Ek smeer na elke los stoelgang salf aan anders kan ek nie loop of sit nie.
Gee asseblief raad wat ek kan doen om hierdie probleem op te los. Tans oorleef ek op sagte hoender, avokado, salticracks, aartappels en pasta.
Ek drink kalsium aanvullers, soutpille en natuurlik gastron verder gebruik ek ook van tyd tot tyd Rehidrate en Questrain.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Anne
Ek is jammer om te verneem dat jy 'n totale kolektomie moes ondergaan. Indien jy nie onder die sorg van 'n geregistreerde dieetkundige is nie, wil ek dringend aanbeveel dat jy 'n dieetkundige raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal moet evalueer wat jy tans eet en jou daaglikse dieet so aanpas dat jy nie gedurig brandboude ontwikkel nie en ook 'n gebalanseerde voedingstofinname het. Ek sal ook voorstel dat jy met jou mediese dokter gesels oor die beste soort salf om jou probleem van brand op te los, bv Fissan Paste, of 'n kortisoonsalf as dit opvlam.
Maar die belangrikste stap is om 'n dieetkundige te spreek want voldoende voedingstofinname ten spyte van jou kolektomie kan help dat jy nie so vatbaar vir weefselbeskadiging is nie en ook vinniger herstel.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/11/08

Beste Anne
Ek is jammer om te verneem dat jy 'n totale kolektomie moes ondergaan. Indien jy nie onder die sorg van 'n geregistreerde dieetkundige is nie, wil ek dringend aanbeveel dat jy 'n dieetkundige raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal moet evalueer wat jy tans eet en jou daaglikse dieet so aanpas dat jy nie gedurig brandboude ontwikkel nie en ook 'n gebalanseerde voedingstofinname het. Ek sal ook voorstel dat jy met jou mediese dokter gesels oor die beste soort salf om jou probleem van brand op te los, bv Fissan Paste, of 'n kortisoonsalf as dit opvlam.
Maar die belangrikste stap is om 'n dieetkundige te spreek want voldoende voedingstofinname ten spyte van jou kolektomie kan help dat jy nie so vatbaar vir weefselbeskadiging is nie en ook vinniger herstel.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.