advertisement
Question
Posted by: Susan | 2011/05/03

Suur &  Alkali

Ek het gelees dat alles wat suur is, alkalies word in mens se maag en dit wat alkalies is, word suur. Ek weet dit werk so met suurlemoene, maar beteken dit as ek bv. alkaliese vrugte soos dadels of droë  vye eet, dit suur veroorsaak in my maag?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Susan
In verband met die begrip van suur en alkaliese kosse, is dit belangrik om te onderskei tussen die suur of alkaliese reaksies van kosse voor dit geëet word (bv as mens die sg pH van 'n kos bepaal) en die suur of alkaliese reaksies wanneer dit in die liggaam verwerk is. Baie vrugte sal bv 'n suur reaksie gee as mens hulle pH toets (die hele sitrusfamilie, aarbeie, pynappel, ens). Maar wanneer sulke vrugte verteer en geabsorbeer en gemetaboliseer word in die liggaam, dan gee dit 'n alkaliese reaksie! Die volgende kosse gee 'n suur reaksie na vertering: vleis, vis, pluimvee, eiers, kaas, grondboontjiebotter, grondbone, spek, Brasiliaanse en okkerneute, alle soorte brood, grane, pasta, mielies, lensies, bosbessies (“cranberries”), pluime, pruime, koek en koekies. Die volgende kosse gee 'n alkaliese reaksie na metabolisme: alle melk en suiwelprodukte (behalwe kaas), amandels, kastaiings (“chestnuts”), kokosneut, alle soorte vrugte en groente (behalwe die wat hierbo gelys is in onder 'suur'). Vette, olies, suiker, heuning, tapioka, mieliestysel (“maizena”), tee en koffie word as 'neutraal' beskou. Die stelling dat alles wat suur is, in die mens se maag alkalies word, en andersom, is dus nie korrek nie.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Susan | 2011/06/04

My gesin het onlangs ''n groot hoeveelheid droë  vrugte gekry. Ek het gedink dit sal alles ''n alkaliese uitwerking hê , maar die perskes gee my sooibrand. Dui dit op ''n suur-uitwerking of nie? Ons het ook pruime, vye, dadels, mango en pere. Is daar van hierdie soorte wat suur veroorsaak?

Reply to Susan
Posted by: DietDoc | 2011/05/04

Beste Susan
In verband met die begrip van suur en alkaliese kosse, is dit belangrik om te onderskei tussen die suur of alkaliese reaksies van kosse voor dit geëet word (bv as mens die sg pH van 'n kos bepaal) en die suur of alkaliese reaksies wanneer dit in die liggaam verwerk is. Baie vrugte sal bv 'n suur reaksie gee as mens hulle pH toets (die hele sitrusfamilie, aarbeie, pynappel, ens). Maar wanneer sulke vrugte verteer en geabsorbeer en gemetaboliseer word in die liggaam, dan gee dit 'n alkaliese reaksie! Die volgende kosse gee 'n suur reaksie na vertering: vleis, vis, pluimvee, eiers, kaas, grondboontjiebotter, grondbone, spek, Brasiliaanse en okkerneute, alle soorte brood, grane, pasta, mielies, lensies, bosbessies (“cranberries”), pluime, pruime, koek en koekies. Die volgende kosse gee 'n alkaliese reaksie na metabolisme: alle melk en suiwelprodukte (behalwe kaas), amandels, kastaiings (“chestnuts”), kokosneut, alle soorte vrugte en groente (behalwe die wat hierbo gelys is in onder 'suur'). Vette, olies, suiker, heuning, tapioka, mieliestysel (“maizena”), tee en koffie word as 'neutraal' beskou. Die stelling dat alles wat suur is, in die mens se maag alkalies word, en andersom, is dus nie korrek nie.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.