advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/05/18

Sushi

Hallo dokter

Ek gaan mô re oggend vir my opvolg by die dr, so ek gaan vir hom vra vir ''n verwysing na ''n dieë tkundige. Eks nog op 3maande ''probation'' en volgens -|- rak is ek die eerste 3maande kantoor gebind. So ek gaan beslis volgende maand daar uitkom.

Het so bietjie deur die ander vrae gelees, en een van hulle het gevra oor " food addiction" . Is/kan sushi of enige aspek/bestanddeel van sushi mens verslaaf maak?

Ek persoonlik is mal daaroor, en verkies dit oor enige ander ú iteet" , maar my skoon suster en haar seun is letterlik verslaaf. Hulle eet dit elke dag. Sommer net gewonder daaroor.

Geniet die naweek.

Groete,
Helena

N.S. Sal my bloedtoets se uitslae vir dr gee sodra ek dit het.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Ek is bly om te verneem dat jy darem een van die dae 'n dieetkundige sal kan sien. Daar is natuurlik baie faktore wat kan bydra tot 'food addiction'. Ons moet onderskei tussen mense wat enige kos verorber en heel dag eet sonder om ooit versadig of bevredig te voel, en mense wat so gewoond is aan een of ander kos dat hulle dit heel tyd wil eet. Dan is daar wel faktore in sekere kosse soos sjokolade (o wee!) wat wel verslawend is (bv. sjokolade, kakao, en alle kosse wat met sjokolade of kakao gemaak is, bevat serotonien, endorfiene en fenieletielamien - wat almal potensieel verslawend is; kola-dranke, koffie, tee en kafeïen-bevattende energiedranke bevat weer kafeïen waaraan etlike mense verslaaf is) . Ek twyfel of rou vis en koue, gaar rys as sulks, enige verslawende komponente bevat! Miskien is dit die sojasous of die wasabi wat iets bevat wat mense verslaaf daarop maak, maar ek dink die persone hou net van die smaak van sushi!
Sterkte vir die ondersoeke
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/05/18

Beste Helena
Ek is bly om te verneem dat jy darem een van die dae 'n dieetkundige sal kan sien. Daar is natuurlik baie faktore wat kan bydra tot 'food addiction'. Ons moet onderskei tussen mense wat enige kos verorber en heel dag eet sonder om ooit versadig of bevredig te voel, en mense wat so gewoond is aan een of ander kos dat hulle dit heel tyd wil eet. Dan is daar wel faktore in sekere kosse soos sjokolade (o wee!) wat wel verslawend is (bv. sjokolade, kakao, en alle kosse wat met sjokolade of kakao gemaak is, bevat serotonien, endorfiene en fenieletielamien - wat almal potensieel verslawend is; kola-dranke, koffie, tee en kafeïen-bevattende energiedranke bevat weer kafeïen waaraan etlike mense verslaaf is) . Ek twyfel of rou vis en koue, gaar rys as sulks, enige verslawende komponente bevat! Miskien is dit die sojasous of die wasabi wat iets bevat wat mense verslaaf daarop maak, maar ek dink die persone hou net van die smaak van sushi!
Sterkte vir die ondersoeke
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement