advertisement
Question
Posted by: private benjamin | 2011/01/10

sushi

Hi. Ek probeer my bes om reg te eet en meer gesond te eet. Ek is op Lexamil (anti depressant) en ek voel dit verhoog my eetlus / gewig optel as newe effek. Sal ek gewig verloor of fight ek n loosing battle. Ek is baie lief vir sushi. Hoe gesond / vetmakend is dit.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Private Benjamin
Ek het gekyk in my kopie van MIMS en sien dat Lexamil of gewigsafname of -toename kan bevorder as newe-effek. Dit hang dus van die individuele pasiënt se reaksie af en volgens jou berig, is jy een van die persone wat gewig optel met die antidepressant. Jy kan wel hierdie reaksie met die resepterende dokter bespreek om uit te vind of jy nie dalk 'n ander soort antidepressant kan gebruik wat nie hierdie effek het nie. Jy kan wel die uitwerking van Lexamil teenwerk deur 'n lae-vet verslankingsdieet op hierdie Webwerf te probeer. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n afskrif van so ‘n dieet en begin om meer aktief te wees. Daaglikse aërobiese oefening soos flink stap, fietsry, touspring, of swem vir ten minste 30 min per dag, sal nie net gewigsverlies aanhelp nie, maar ook bydra tot genesing van die depressie.
Sushi word gewoonlik van vissoorte soos salm gemaak, m.a.w. vetryke vis. Volgens die SA Voedseltabelle bevat rou salm ongeveer 7 g vet en 642 kJ per 100g. Indien jy 'n 50g porsie sushi eet, sal jy dus 320 kJ inneem wat slegs 5.1% van jou daaglikse energie-inname verteenwoordig as jy wil verslank - dus is sushi nie juis vetmakend nie en dit is baie gesond want vetryke visse soos salm is ryk aan omega-3 vetsure wat ons beskerm teen baie sg. degeneratiewe siektes.
Geniet die sushi
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/01/10

Beste Private Benjamin
Ek het gekyk in my kopie van MIMS en sien dat Lexamil of gewigsafname of -toename kan bevorder as newe-effek. Dit hang dus van die individuele pasiënt se reaksie af en volgens jou berig, is jy een van die persone wat gewig optel met die antidepressant. Jy kan wel hierdie reaksie met die resepterende dokter bespreek om uit te vind of jy nie dalk 'n ander soort antidepressant kan gebruik wat nie hierdie effek het nie. Jy kan wel die uitwerking van Lexamil teenwerk deur 'n lae-vet verslankingsdieet op hierdie Webwerf te probeer. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n afskrif van so ‘n dieet en begin om meer aktief te wees. Daaglikse aërobiese oefening soos flink stap, fietsry, touspring, of swem vir ten minste 30 min per dag, sal nie net gewigsverlies aanhelp nie, maar ook bydra tot genesing van die depressie.
Sushi word gewoonlik van vissoorte soos salm gemaak, m.a.w. vetryke vis. Volgens die SA Voedseltabelle bevat rou salm ongeveer 7 g vet en 642 kJ per 100g. Indien jy 'n 50g porsie sushi eet, sal jy dus 320 kJ inneem wat slegs 5.1% van jou daaglikse energie-inname verteenwoordig as jy wil verslank - dus is sushi nie juis vetmakend nie en dit is baie gesond want vetryke visse soos salm is ryk aan omega-3 vetsure wat ons beskerm teen baie sg. degeneratiewe siektes.
Geniet die sushi
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.