advertisement
Question
Posted by: Antoinette | 2010/12/10

Sushi

Hello doc,

So sit ons en praat en my suster sê , sushi is ongesond en maak baie vet, ek was onder die indruk dat dit redelik gesond is en ''n goeie keuse is as ek sou gaan uiteet. Wat is die waarheid?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Antoinette
Sushi, of te wel rou vis, is wel 'n gesonde keuse aangesien navorsing aandui dat persone wat vis (gekook of rou) 2 of meer keer per week eet, minder hartvatsiektes en ander degeneratiewe siektes ontwikkel, as persone wat nie vis eet nie. Sushi word meestal van visse soos salm voorberei en dit word geklassifiseer as hoë-vet vis (16 g vet en 909 kJ per 100g), maar hierdie vet is van die gesonde soort, naamlik 8 g mono-onversadigde en 2.5 g poli-onversadigde vet per 100g). Dit is juis die mono-en poli-onversadigde vette wat ryk is aan omega-3 vetsure wat weer die gesondheid-beskermende funksies het. Dus is jy korrek om te sê dat Sushi gesond is en jou suster is korrek om te sê dat dit 'n hoë-vetinhoud het! Maar aangesien hierdie vet wat visse soos salm bevat, so voordelig is vir jou gesondheid, is dit wel 'n goeie keuse.
Lekker eet
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Vrye Denker | 2010/12/10

As jy ''n ton sushi eet gaan jy dik raak. Maar sushi het baie minder vet as ander kos. Dis basies net rys, seegras en vis.

Reply to Vrye Denker
Posted by: DietDoc | 2010/12/10

Beste Antoinette
Sushi, of te wel rou vis, is wel 'n gesonde keuse aangesien navorsing aandui dat persone wat vis (gekook of rou) 2 of meer keer per week eet, minder hartvatsiektes en ander degeneratiewe siektes ontwikkel, as persone wat nie vis eet nie. Sushi word meestal van visse soos salm voorberei en dit word geklassifiseer as hoë-vet vis (16 g vet en 909 kJ per 100g), maar hierdie vet is van die gesonde soort, naamlik 8 g mono-onversadigde en 2.5 g poli-onversadigde vet per 100g). Dit is juis die mono-en poli-onversadigde vette wat ryk is aan omega-3 vetsure wat weer die gesondheid-beskermende funksies het. Dus is jy korrek om te sê dat Sushi gesond is en jou suster is korrek om te sê dat dit 'n hoë-vetinhoud het! Maar aangesien hierdie vet wat visse soos salm bevat, so voordelig is vir jou gesondheid, is dit wel 'n goeie keuse.
Lekker eet
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.