advertisement
Question
Posted by: karen | 2009/05/27

sureslimdieet

ek volg die sureslimdieet enhet 7kg in ' n maand verloor. nou die afgelope 2 weke verloor ek niks. het intussen begin oefen om tekyk of dit die gewigsverlies sal weer laat begin, maar niks! wat doen ek verkeerd?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Karen
Ek moet erken dat ek al van ander Lesers dieselfde klagte ontvang het. Indien die energie-inhoud van die SureSlim-dieet wat jy gebruik nie laag genoeg is om gewigsverlies te volhou nie, dan sal jy dit met jou SureSlim kontak persoon moet bespreek - jy betaal tog baie geld vir hierdie program. Oefening is altyd 'n goeie manier om jou metabolisme te stimuleer en gewigsverlies te bevorder. Indien jou kontak persoon nie met 'n antwoord voor die dag kan kom nie en jy nog steeds nie addisionele gewig verloor na 2-3 ekstra weke op die dieet gekombineer met oefening (ten minste 30 min per dag), dan sal jy liefs 'n kliniese dieetkundige moet spreek (besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om ‘n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal moet bepaal of hierdie dieet wel minder energie bevat as wat jy daagliks verbruik en of jy miskien 'n ander soort dieet (bv. 'n lae-GI-dieet) behoort te gebruik.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2009/05/27

Al wat jy verkeerd gedoen het is om op die dieet te gaan! As dit te goed klink om te glo, IS dit gewoonlik.

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement