advertisement
Question
Posted by: Marlien | 2008/11/21

Superficial frostbite

My man het in ' n koelkamer gewerk met temperatuur van -35 tot -45 grade Celcius. Op ' n stadium het hy op die konkruit vloer gekniel om sy werk te doen. Sy knie is nou baie pynlik en dit lyk soos ' n groot bloukol. Ek het bietjie opgelees en dit klink vir my soos ' Superficial frostbite' . Hoe moet ons dit behandel? Is dit te laat om hitte terapie toe te pas? Kan mens dit soos ' n brandwond behandel met flamazine? Daar is ook ' n blasie op die blou area. Dit alles het reeds Woensdag gebeur.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Marlien

Dankie dat jy health24.com besoek het. Ek vra om verskoning vir die vertraging in beantwoording van jou navraag.

Ek stel voor dat jou man 'n dokter konsulteer om presies vas te stel wat die skade is wat aan die dermis aangerig was. Indien die vel donker (donkerpers/swart) van kleur is, beteken dit dat die vel dood is. Dit sal tyd neem vir die weefsel om spontaan te genees, maar die moontlikheid van 'n veloorplanting kan nie uitgeskakel word nie. Ek stel ook voor dat hy plate van beide kniee geneem word om vas te stel of daar artikulere skade is of skade aan die bursa voor die knieknop. Indien dit pynlik is, kan hy Myprodol kapsules drink. Dit help nie jy wend enige rome aan nie, aangesien die vel dood is.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement