advertisement
Question
Posted by: engela | 2011/10/12

sunewee inflamasie

Hi Dokter

n Senuwee wat vanaf my laerrug afloop na my been tot by die enkel, kry periodiek inflamasie.Dit is baie pynlik.My Dr het medikasie voorgeskryf wat nie gehelp het nie. Dit kom en gaan, met tussenposes van 1jaar tot 18 maande. MY dr het gese dat dit lewenslank sal gebeur. Ek het n tweede opinie gekry en die dr se dat ek moet probeer verhoed om te sit, wanneer ek tv kyk, moet ek le, en met n kussing tussen my bene slaap. Die toestand hou gewoonlik 2 tot 3 mande, maar die keer is dit al sedert Augustus verlede jaar. Dit veroorsaak dat ek moeilik loop en meng in met my daaglikse lewe. U opinie sal waardeer word.
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Engela

Ek stel voor dat jy jou naaste privaat hospitaal kontak vir die besonderhede van 'n pynkliniek. 'n Neuritis is baie moeilik om te behandel, maar ek is seker dat die spesialiste by die pynkliniek verligting sal kan bring. Gebruik jy enige medikasie, soos Neurontin of Lyrica?

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: anon | 2011/10/12

Hi Engela, ek is deur verskeie rugoperasies agv soortgelyke pyn - onuithoudbaar en geen meds het pyn verlig. Operasies het ''n mate van verligting gebring, maar my regter boud en been is permanent geaffekteer agv senuskade. Neuroloog het hoe dosis (6x300mg pd) Neurontin (anti epilepsie middel wat op sentrale senustelsels werk) voorgeskryf vir die pyn. Dit werk wonderlik - ek gebruik geen pynmedikasie nie. Dosis is intussen gehalfeer na 3x300mg pd. Dit neem nie die swakheid en ongemak in my been weg nie, maar die erge senupyn het verander na ''n geirriteerde senuwee waarmee ek kan saamleef. Sterkte vir jou

Reply to anon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement