advertisement
Question
Posted by: Hettie | 2009-01-14

Sukkel om te sluk

Hallo
Ek sukkel om te sluk. As ek my kos insluk voel dit asof dit vassit. As ek water drink om die kos wat vassit af te sluk voel dit asof die water in my lugpyp inggaan (amper asof ek verdrink). Dan kry ek nie asem nie. Dit het so 6 maande gelede die eerste keer gebeur. Ek het so erg verstik dat ek moes hospitaal toe gaan. Ek konnie asem kry nie. Die dokter het gese dit het gebeur as gevolg van stres.
Daarna het dit af en toe gebeur maar die afgelope week, aan mekaar. Self al kou ek my kos baie fyn. Dit veroorsaak nou dat ek angstig raak elke keer voor ek iets eet...en dit maak dit net erger. Nou eet ek net sop en drink vloeistowwe. Ek het die afgelope week 4 kilogram verloor.
Ek weet ek moet dokter toe gaan maar het n FOBIE vir dokters en hospitale.
Help ASB.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Hettie
Ja jy moet dringend 'n dokter sien, vra jou GP om jou te verwys na 'n gastro enteroloog. Hulle sal dalk 'n gastroskopie moet doen, maar dit word gewoonlik onder 'n ligte narkose gedoen en is nie seer nie. Mens moet kanker of stenose (vernouing agv litteken weefsel) uitskakel. Spasma kan met medisyne behandel word. Wees dapper en doen dit net.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: stephanus | 2016-03-07

Ek sukkel om te sluk as ek n volle nag geslaap het Dan eet ek reg maar deur die dag Dan sukkel ek om te sluk.

Reply to stephanus

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement