advertisement
Question
Posted by: wonder net | 2008/06/29

Sukkel om skielike dood te aanvaar

Goeiemiddag Dokter,

Verskoon die lang skrywe en baie vrae, maar ek is totaal verward.
My ma van 77jr oud, kla die afgelope paar maande van erge duiseligheid, naarheid en sy gooi baie op wanneer sy eet. Kan basies net 'n vrugte-skommel inhou. 'n Maand gelede het sy my suster gebel en gese haar maag werk bloed. My broer het ook opgemerk in wasgoed dat haar onderklere swart afskeiding het. Sy is toe vanaf die klein dorpie waar sy woon na n dokter in Pretoria gebring vir 2de opinie. Die diagnose aan my oorgedra was dat sy aandag soek en aansit. "n Week na sy by die dokter was, nog in Pretoria, het sy geval, arm gebreek, in die hospitaal beland. Daar is volgens haar leer vasgestel haar hemoglobien is 7. Haar bloeddruk was bo minder as 100 en onder iets in die 30 tot 40's. Twee dae na sy geval het, is sy ge-opereer vir die gebreekte arm, en n week daarna is sy oorlede sonder dat ons ooit met haar kon praat (Ventillator). Die oorsaak van dood op doodsertifikaat word aangedui as "Natuurlike oorsake". Ek is in die duister en wil graag weet wat die moontlike ware oorsake van haar dood kon wees en of die dokter wat die 2de opinie gegee het, gevra kan word vir die toetse en uitslae wat daar op haar gedoen is. Hoe kon sy 6 eenhede bloed ontvang het, n HB van 7 gehad het, maar die diagnose was "Iepekonders"?
Baie dankie, dokter. Ek sien uit na n antwoord.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

In hierdie geval, sou ek (indien ek jy was) 'n na-doodse ondersoek versoek het. Die simptome wat jy beskryf, kan wees as gevolg van 'n bloeiende peptiese maagseer. Dit kan 'n lae bloeddruk telling, HB, asook swart stoelgange, naarheid en braking veroorsaak.

Jy kan versoek dat hulle jou van die uitslae van die toetse wat op jou moeder gedoen was verskaf en dit dan met 'n onafhanklike dokter bespreek.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement