advertisement
Question
Posted by: Nikki | 2013/02/05

Sukkel om gewig te verloor

My baba is nou 1 jaar oud en ek sukkel nogsteeds om gewig te verloor. Ek het mooi verloor terwyl ek geborsvoed het. Toe begin sommer vinnig optel toe ek ophou. Ek gym 1 -2 per week en ek speel 2x week tennis. Ek en my man is nou op ''n dieet wat ons geen stysel eet nie. Maar ek verloor nogsteeds geen gewig nie. Ek drink ongeveer 2l water ''n dag. HELP!!!!!!!!!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nikki
Veels geluk met die geboorte van jou baba. Dit is ongelukkig waar dat sommige vrouens wel gewig optel na die geboorte van 'n kind. Jy noem egter nie vir my jou lengte in meter en jou huidige gewig in kg, sodat ek jou BMI kan bereken om te sien of jou gewig binne of buite die normale reikwydte val, al dan nie. Indien jou huidige gewig alreeds binne die normale reikwydte val, dan sal dit taamlik lank vat om gewig te verloor aangesien die menslike liggaam altyd strewe om sy balans te hou. Ek is persoonlik nie ten gunste van die hoë-proteïen-diëte nie, en sal liewer aanbeveel dat jy 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel-dieet sal gebruik (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') en jou fisiese aktiwiteit tot 30 min per dag sal opstoot (koop 'n springtou en spring elke dag vir 30 min tou op die dae wanneer jy nie die gym besoek of tennis speel nie).
Indien jy na een maand op 'n gebalanseerde verslankingsdieet nog steeds nie gewig verloor het nie, sal dit miskien 'n goeie idee wees om jou deur 'n mediese dokter te laat ondersoek vir hormoongebreke (tiroïed, insulien en/of vroulike hormone), wat moontlik a.g.v. jou swangerskap ontstaan het.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Thea Lombard | 2013/02/14

Asb ek moet so gou as moontlik gewig verloor Ek eet baie gesond geen stysel of suiker nie Geen vrugte om groete wat suiker bevat nie Drink baie water en drink slegs een keer per week meskien
Dankie
Thea

Het a blok teen oefening maar ek weet ek moet het 30jaar gehardloop en nou nie meer lus het geskei hoef nie meer te hardloop nie

Reply to Thea Lombard

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement