advertisement
Question
Posted by: liesl | 2012-11-05

sukkel om gewig te verloor

Goeiedag dokter
Ek is al moedeloos....sukkel om gewig te verloor.

My cholesterol is onder beheer en my suiker is normaal.
Ek weeg 104kg en wil bitter graag gewig verloor....net om beter te voel en sal ook natuurlik goed wees vir die gesondheid.

Ek drink al 2 liter water per dag vanaf Februarie (drink nie meer koeldrank nie, drink nie koffie nie, drink so nou en dan tee en drink geen alkohol nie ).

Ons eet aartappel so een keer per week en brood so 2 keer per week.....hier is ook nie sjokolade of chips of niks in die huis nie.

Ek weet nou nie meer wat om te doen nie.....ek het regtig hulp nodig met raad en so.

Ek hoop dat dokter my kan help.....sal dit baie waardeer.

Baie dankie

Lekker dag

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liesl
Om gewig te verloor kan jy 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') gebruik en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen. Dit is nie nodig om 'n gimnasium by te woon nie. Jy kan elke dag vir 30 min flink stap. Begin eers stadig met die stap en doen elke week meer soos jy sterker en fikser word.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Runett | 2012-11-08

Hi Liezl

Ek is ook oorgewig en het my dokter gaan sien, hy het vir my Duromine voorgeskryf en moet sê  dit werk soos ''n bom, jy moet net reg eet en baie water drink en bietjie oefen, jy kan tot 10 kilos in ''n maand se tyd verloor. Maar jy kan dit slegs op ''n voorskrif kry. Baie sterkte.

Reply to Runett

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement