advertisement
Question
Posted by: Sue | 2011/11/03

Sukkel om gewig te verloor

Beste Dietdoc
Ek sit regtig met my hande in my hare! Ek het dit reggekry om van einde Augustus tot middel Oktober 7 kg af te skud deur bloot baie gesond te eet. Ek het nog omtrent 12 kg om af te skud. My gewig staan egter doodstil, al vir 6 weke! Ek eet regtig baie gesond en gebalanseerd, geen suiker nie en baie min stysel. Ek is op behandeling vir ''n onderaktiewe tiroï edklier en gebruik ook Wellbutrin, so alle moontlike mediese redes is uitgeskakel. Ek was voorheen op Weigh-Less en eet volgens die eetreë ls wat ek daar aangeleer het - selfs minder, so ek weet my dieet is baie gebalanseerd. Ek het ook hoë  cholesterol, so ek sny vette ook grootliks uit. Ek oefen nie baie nie, maar stap so 2 tot 3 keer ''n week ''n halfuur. Ek is regtig gefrustreerd en is besig om moed te verloor. Het u dalk raad asseblief?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sue
Veels geluk dat jy al 7 kg gewig verloor het - jy is 'n **ster**. Dit is goed as jy die Weigh-Less patroon van eet gebruik, maar ek is seker dat hulle nie spesifiseer dat jy baie min stysel moet eet nie. Dit is nie die koolhidrate (soos stysel) wat mens laat gewig optel nie, maar die vette wat ons by stysels voeg (bv. botter, margarien, mayonnaise, olie, room, suur-room, ens), wat lei tot gewigstoename. Daar is 'n hele reeks faktore wat kan bydra tot stilstand van gewigsverlies. Maak seker dat jou skildkliermedikasie korrek is -vra jou dr om na te gaan of die dosis toepaslik is. Gelukkig is Wellbutrin een van die min antidepressante wat gewigsverlies veroorsaak, pleks van gewigstoename. Depressie as sulks kan ook gewigsverlies stuit. Vra dus ook die dr of jou depressie voldoende beheer word. Ek sal voorstel dat jy jou oefening verhoog - probeer om ten minste 30 min elke dag te oefen. As jy nie elke dag kan gaan stap nie, kan jy dalk begin touspring. Dit is 'n uitstekende aërobiese oefening wat die metabolisme stimuleer en gewigsverlies weer kan laat begin. Daarbenewens laat gereelde oefening mens ook beter voel en help dit om depressie teen te werk.
Ek vertrou dat jy nou weer sal begin gewig verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/11/03

Beste Sue
Veels geluk dat jy al 7 kg gewig verloor het - jy is 'n **ster**. Dit is goed as jy die Weigh-Less patroon van eet gebruik, maar ek is seker dat hulle nie spesifiseer dat jy baie min stysel moet eet nie. Dit is nie die koolhidrate (soos stysel) wat mens laat gewig optel nie, maar die vette wat ons by stysels voeg (bv. botter, margarien, mayonnaise, olie, room, suur-room, ens), wat lei tot gewigstoename. Daar is 'n hele reeks faktore wat kan bydra tot stilstand van gewigsverlies. Maak seker dat jou skildkliermedikasie korrek is -vra jou dr om na te gaan of die dosis toepaslik is. Gelukkig is Wellbutrin een van die min antidepressante wat gewigsverlies veroorsaak, pleks van gewigstoename. Depressie as sulks kan ook gewigsverlies stuit. Vra dus ook die dr of jou depressie voldoende beheer word. Ek sal voorstel dat jy jou oefening verhoog - probeer om ten minste 30 min elke dag te oefen. As jy nie elke dag kan gaan stap nie, kan jy dalk begin touspring. Dit is 'n uitstekende aërobiese oefening wat die metabolisme stimuleer en gewigsverlies weer kan laat begin. Daarbenewens laat gereelde oefening mens ook beter voel en help dit om depressie teen te werk.
Ek vertrou dat jy nou weer sal begin gewig verloor.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.