advertisement
Question
Posted by: Nettie | 2011/11/03

Sukkel om asem te haal

ek is so week terug dokter toe gewees, die dokter het vir my antibiotika voorgeskryf vir brongitis as ook n pompie. Ekt verskriklik gesukkel om asem te haal in die oggende as ek opstaan. My medikasie is nou klaar, en die laaste twee dae sukkel ek reg deur die dag met asemhaling, ek is konstant pap, het glad nie energie nie en wil net slaap. Kan dit oor die asemhaling wees waarmee ek so sukkel. Ek gaan ook baie meer as gereeld toilet toe. Selfs al drink ek Vita Thion ens help dit nie om my energie vlakke op te bring nie hier teen een uur in die middae is ek poot uit en wil net slaap.
Kan dit asma wees of is dit dat ek dalk nog nie heeltemal van die brongitis genees het nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nettie

Dit is baie belangrik om jou dokter so spoedig moontlik konsulteer. Die moegheid is beslis as gevolg van swak asemhaling en min slaap. Dit is moontlik dat jou brongitis nie genees het nie en dat jou lugwee vernou is, as gevolg van infeksie en inflammasie.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement