advertisement
Question
Posted by: Stella | 2012/05/07

Sukkel met gewig

Liewe DietDoc,
Ek is 33 jaar oud, 1.75m lank en weeg 92kg. Ek was in die verlede op verskeie diete en het so gewig verloor. Ek het onder andere Duromine gebruik en my gewig het tot 82kg gedaal. Ek sukkel reeds die afgelope jaar om gewig te verloor. Ek was op Weigh Less, weer op Duromine, het die inspuiting gebruik - net mooi niks het gebeur nie. Ek eet gesond (ek volg die Weigh Less eetplan) en ek oefen wanneer ek tyd kry. My dokter het my getoets vir skildklierprobleme, maar daar is niks verkeerd nie. My cholesterol is ook laag. Ek sukkel veral om die gewig om my maag te verloor. Kan u my dalk raad gee oor wat ek volgende moet doen? Ek is so desperaat. Almal om my verloor so mooi gewig en ek bly dik. Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Stella
Dit klink vir my asof jy moontlik 'n probleem met insulienweerstandigheid het aangesien jy op 'n goed gebalanseerde dieet by Weigh-Less is en ook oefen en tog nie gewig verloor nie. Aangesien jou huidige BMI = 30,1, sal dit raadsaam wees as jy wel kan gewig verloor. Ek wil voorstel dat jy jou dokter vra om vir jou na 'n Endokrinoloog (spesialis in hormoonafwykings) verwys sodat jou bloedglukose- en insulienvlakke, asook vroulike hormone vir moontlik PSOS (polisistiese ovariumsiekte), kan toets. Persone met insulienweerstand (IW) het dikwels PSOS en omgekeerd. Indien jy wel aan IW lei dan is dit gebiedend dat jy 'n 'n geregistreerde dieetkundige raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieetvoorskrif vir jou uitwerk sodat jy die probleem met jou insulienvlakke kan bekamp en ook gewig kan verloor. Klik ook op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Gereelde, daaglikse oefening vir ten minste 30 minute soos flink stap, sal ook baie help vir die bloedglukose- en die insulienprobleme.
Ek hou duimvas dat jy nou sal kan gewig verloor.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Stella | 2012/05/09

Baie dankie vir die advies dokter. Waardeer dit opreg.

Reply to Stella
Posted by: DietDoc | 2012/05/08

Beste Stella
Dit klink vir my asof jy moontlik 'n probleem met insulienweerstandigheid het aangesien jy op 'n goed gebalanseerde dieet by Weigh-Less is en ook oefen en tog nie gewig verloor nie. Aangesien jou huidige BMI = 30,1, sal dit raadsaam wees as jy wel kan gewig verloor. Ek wil voorstel dat jy jou dokter vra om vir jou na 'n Endokrinoloog (spesialis in hormoonafwykings) verwys sodat jou bloedglukose- en insulienvlakke, asook vroulike hormone vir moontlik PSOS (polisistiese ovariumsiekte), kan toets. Persone met insulienweerstand (IW) het dikwels PSOS en omgekeerd. Indien jy wel aan IW lei dan is dit gebiedend dat jy 'n 'n geregistreerde dieetkundige raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieetvoorskrif vir jou uitwerk sodat jy die probleem met jou insulienvlakke kan bekamp en ook gewig kan verloor. Klik ook op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Gereelde, daaglikse oefening vir ten minste 30 minute soos flink stap, sal ook baie help vir die bloedglukose- en die insulienprobleme.
Ek hou duimvas dat jy nou sal kan gewig verloor.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.