advertisement
Question
Posted by: bosbokolie@telkomsa.net | 2009/08/25

Suiwel

Mevrou Ag man ek het raad/hulp nodig my man is besig om te skei en het van kerk verander, en nou word daar vir my deurgegee dat ek die kinders geen MELK/KAAR/YOUGERT mag gee nie, dit is GIF en baie ONGESOND. Hy se daar is WETENSKAPLIKE BEWYSE dat melk ongesond vir die kinders is en dat dit die grootste probleem is waar mans prostaatkanker kry en vrouens osteprose?
leer ons nie ons kinders dat melk goed vir jou is en dat dit bene bou en sterker maak nie? Ek het 4 seuns hulle is 3, 7, 11 en 15 jaar oud. Hoe hou ek " hasiemelk"  weg en nou eweskielik is dit gif en hulle mag dit nie meer drink nie.
Wat ek graag wil weet, is daar bewyse dat melk ongesond is? Ek het die kinders almal geborsvoed tot 22 en 24 maande dus kan hulle seker maar bietjie langer hasiemelk drink as ander kids? Maar moet bieg hasiemelk is nie net vir kinders nie, wie kan ' n koue glas hasiemelk - nee voor se?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Bosbokolie

Baie mense wat in natuurlike medisyne glo, glo dat melk net vir kalfies bedoel is! Ons beveel byvoorbeeld nie beesmelk aan vir kinders onder 'n jaar nie agv te veel soute daarin. Sommige mense is ook sensitief vir die laktose or die proteine in melk en kry allergiee en verhoogde slymproduksie daarvan. Sien egter http://www.sciencedaily.com/releases/2009/07/090722083720.htm - 'n studie wat wys dat die voordele die nadele oorskry. Jou man kan dalk redeneer dat die kinders chemiese stowwe dmv melk in kry en dat daar ander maniere is om kalsium in te kry bv deur groen blaar groentes en brokkoli.

As jou kinders nie newe effekte van melk kry nie, sal 'n glasie hasiemelk so nou en dan hulle seker nie doodmaak nie. Jy kan dalk met jou man 'n middelweg bereik deur soja melk te gebruik - mens raak baie gou gewoond aan die smaak?

Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement