advertisement
Question
Posted by: | 2017/11/18

Suiker verslawing

Hi dokter Is dit moontlik om aan suiker verslaaf te wees? Ek is 3 weke trug gediagnoseer met diabetes 2. Ek is van lankal af baie lief vir suiker en lekkergoed. Ek kan nie eendag sonder suiker gan nie en dan eet ek tot ek so siek is soos n hond. Ek sal sorg dat ek lekkers of sjokolades koop, al gebruik ek broodgeld. Ek sal ook by kinders lekkers neem om die craving te bevredig. Ek sal enigiets doen om lekkers/suiker te kry. My glukose vlak in aand bly tussen 7en9. Oggend is tussen 6 en 7. Dit is nog veilig? Is ek verslaaf en suiker? Wat moet ek doen as eknis? Ek probeer stop, maar as ek myself kry, het ek klaar weer sjokolade of iets geeet. Help asb? Wil nie he my huismense moet uitvind nie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2017/11/20

Hi

Ja, dit is moontlik om daaraan verslaaf te raak - en dit is regtig moeilik om minder suiker te eet as n mens so n verskriklike "craving" vir dit het, maar dit is nie onmoontlik nie. Die beste is om iemand te he met wie jy kan praat en wat jou  "accountable" kan hou vir jou suiker inname. Jy moet ook probeer raaksien hoe die suiker besig is om jou gesondheid aan te tas. Jou suikervlakke is nou nog aanvaarbaar, maar gaan binnekort nie meer wees as jy so aanhou nie. Voor jy sien gaan die gewone medikasie nie meer werk nie en dan gaan jy jouself moet inspuit met insulien. So as jy enigsins kan, probeer om daarmee op te hou. Groete en sterkte. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement