advertisement
Question
Posted by: Lyna | 2005/11/09

Q.

Suiker en Vet ?

Hi doc ek dink ek het iewers dalk iets verkeerd verstaan. Hoe verander suiker in vet ? Stoor jou liggaam suiker wat nie gebruik is nie as vet ? Miskien verstaan ek alles verkeerd so help my asb reg, ek het verstaan dat suiker alleen nie vet maak nie - maar dit verskaf so baie energie dat jou liggaam nie nodig het om vet te verbrand om energie te verkry nie, en terwyl daar so baie suiker is wat vir energie gebruik word stoor die liggaam alle vet wat dan ingeneem word. Dis hoekom `n sny brood en konfyt sonder margarien - nie vet sal maak nie maar as jy margarien daarop smeer kan dit want jou liggaam sal eers die suiker van die brood en konfyt gebruik vir energie en as die liggaam nie nodig het om die vet te gebruik vir energie nie dan stoor dit die vet van die margarien. As mens aanhou om baie suiker te eet sal jou liggaam glad nie nodig he om vet te verbrand nie en ander vet sal net gestoor word, so jy gaan net vetter word. Dit is ook mos die rede hoekom die Atkins dieet mense laat gewig verloor want hulle eet nie koolhidrate of ander kos wat baie suiker bevat nie so hulle liggame is genoodsaak om vet te verbrand vir energie , want daar is nie baie suiker wat energie verskaf nie. As ek die kat hier aan sy stert beet het help my asb reg Doc.
Dankie ,

Expert's Reply

A.

Expert ImageDietDoc

Best Lyna
Ek dink jy is besig om 2 dinge te verwar. a) Suiker wat as sulks geëet word en ook in baie verwerkte kosse voorkom, en b) bloedsuiker wat van alle kosse wat koolhidrate bevat afstam. Die basiese prinsiep van gewigstoename is soos volg: As jy meer ENERGIE (hetsy afkomstig van koolhidrate (dit sluit suiker in), proteïene of vette) inneem as wat jou liggaam nodig het vir sy daaglikse behoeftes, dan sal die oortollige ENERGIE (hetsy in die vorm van bloedsuiker, vette of amino sure (afkomstig van proteïene) in die bloed in VET omgesit word. Dit beteken dat as jy te veel eet van ENIGE SOORT KOS (insluitend proteïene) dan gaan jy gewig optel. Om dit te verloor, moet jy minder ENERGIE inneem (verlaag jou totale kalorie-inname deur veral vet uit te sny, maar nie noodwendig koolhidrate of klein hoeveelhede suiker nie) en meer ENERGIE gebruik deur elke dag te oefen.
'n Gebalanseerde lae-vet dieet sal gewigsverlies veroorsaak al bevat dit klein hoeveelhede suiker om dit meer smaaklik te maak.
Ek hoop dit los hierdie probleem vir jou nou op.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: BB | 2005/11/10

Ek wil baie graag 10kg ten minste verloor. Ek sukkel baie hard om gereeld te oefen en gesond te eet. As ek eers aan die gang is met 'n oefen program, dan gaan dit goed. Maar soms word ek lui en dan hou ek sommer vir 2 weke op. Wanneer ek op hou oefen, grave ek 24/7 junk food. Ek wil graag gesond leef, maar sukkel soms om my self te motiveer om aan te hou met 'n oefen program. HELP ASB

Reply to BB

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement