advertisement
Question
Posted by: Nisha | 2011/10/31

Suiker?

Goeie dag,
Ek is baie oorgewig(BMI is 29) en het al oor ''n jaar se tyd amper 19kg verloor so ek verstaan hoe om reg te eet. Ek het my lewenstyl verander en nie op ''n dieet gegaan nie, Maar wat ek wel nie weet nie is hoe om te kyk vir suiker inhoud? Hoeveel suiker per 100g is toelaatbaar vir ''n lae-vet lewenstyl? Kan ek coco pops vir ontbyt eet of het dit te veel suiker?
En ook kyk ek na die aantal saturated fat van 3 g per 100g of moet total fat uit 3g vet bestaan?

Baie dankie vir al die vrae wat doc vir ons beantwoord.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nisha
Jy is 'n skitterende ***ster*** om 19 kg te verloor - Mooi gedaan! Ek dink die nuwe aanwysings vir etikettering sal nogal help as jy probeer besluit oor die vetinhoud van kosse. Om as "laag in vet" geklassifiseer te word, moet 'n kos nie meer as 3 g totale vet per 100g vastestof en nie meer as 1.5 g totale vet per 100 ml vloeistof bevat nie. Daarvan behoort nie meer as 1.5 g versadigde vet per 100 g vastestof of 0,75 g per 100 ml vloeistof te wees nie. Wat suiker aanbetref, is daar geen spesifikasie nie, maar enige produk wat meer as 10% (10g per 100 g) suiker bevat, kan as hoog in suiker beskou word. Hopelik sal hierdie soort inligting na 1 Maart 2011 meer vrylik op etikette beskikbaar wees. Kommersiële ontbytgrane neig om nogal 'n hoe suikerinhoud te hê. Miskien is dit beter om lae-GI, hoë-vesel ontbytgrane te gebruik as jy nog gewig wil verloor, bv. Pronutro (volgraan en appel geure) en Oat-so-Easy (natuurlike geur).
Ek hou duim vas dat jy jou teikengewig sal bereik.

Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/10/31

Beste Nisha
Jy is 'n skitterende ***ster*** om 19 kg te verloor - Mooi gedaan! Ek dink die nuwe aanwysings vir etikettering sal nogal help as jy probeer besluit oor die vetinhoud van kosse. Om as "laag in vet" geklassifiseer te word, moet 'n kos nie meer as 3 g totale vet per 100g vastestof en nie meer as 1.5 g totale vet per 100 ml vloeistof bevat nie. Daarvan behoort nie meer as 1.5 g versadigde vet per 100 g vastestof of 0,75 g per 100 ml vloeistof te wees nie. Wat suiker aanbetref, is daar geen spesifikasie nie, maar enige produk wat meer as 10% (10g per 100 g) suiker bevat, kan as hoog in suiker beskou word. Hopelik sal hierdie soort inligting na 1 Maart 2011 meer vrylik op etikette beskikbaar wees. Kommersiële ontbytgrane neig om nogal 'n hoe suikerinhoud te hê. Miskien is dit beter om lae-GI, hoë-vesel ontbytgrane te gebruik as jy nog gewig wil verloor, bv. Pronutro (volgraan en appel geure) en Oat-so-Easy (natuurlike geur).
Ek hou duim vas dat jy jou teikengewig sal bereik.
Ek hou duim vas dat jy jou teikengewig sal bereik.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.