advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011-09-12

Suiker

Hi dokter

Ek het vandag begin met my nuwe en gesonde leefwyse. Op die dieet wat ek volg, vereis hulle dat mens versoeter gebruik eerder as suiker. Nou ek het bietjie navorsing gedoen en dit wil vir my voorkom asof ons nie eintlik suiker moet inneem nie. Hulle praat van Xyletol en Stevia. Ek het alreeds albei gebruik - yuk! Toe probeer ek Canderel - yuk x 2! So my vraag is, watter versoeter beveel dokter aan en het die naaste smaak soos suiker?

Groete,
Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Dit sal jou moontlik verras dat selfs die “American Diabetes Association” diabete toelaat om klein hoeveelhede suiker te gebruik om kosse soos pap, beter te laat smaak! Indien jy vind dat jy nie van die smaak van Xyletol, Stevia en Canderel hou nie, en dat jy ook nie regkom sonder dat jy sekere kosse en dranke effens versoet, dan kan jy klein hoeveelhede suiker gebruik. As alternatief kan jy geleidelik jou suikerinname verminder. Gestel jy gebruik tans 2 teelepels suiker per koppie koffie/tee en jy drink 8 koppies per dag (dus 16 teelepels of 80g suiker en 1296 kJ per dag), probeer dan om dit oor tyd te halveer na 8 teelepels of 40g suiker en 648 kJ/dag - dit is alreeds 'n taamlik vermindering. Kyk dan of jy dit nog verder kan verminder totdat jy moontlik glad nie meer suiker in jou koffie/tee drink nie - jy spaar dan omtrent 1300 kJ/dag. Alle suiker-plaasvervangers het 'n effense nasmaak en dit hang van die persoon af of hy/sy dit kan gebruik, al dan nie.
Sterkte met die nuwe en gesonde leefwyse.
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-09-12

Beste Helena
Dit sal jou moontlik verras dat selfs die “American Diabetes Association” diabete toelaat om klein hoeveelhede suiker te gebruik om kosse soos pap, beter te laat smaak! Indien jy vind dat jy nie van die smaak van Xyletol, Stevia en Canderel hou nie, en dat jy ook nie regkom sonder dat jy sekere kosse en dranke effens versoet, dan kan jy klein hoeveelhede suiker gebruik. As alternatief kan jy geleidelik jou suikerinname verminder. Gestel jy gebruik tans 2 teelepels suiker per koppie koffie/tee en jy drink 8 koppies per dag (dus 16 teelepels of 80g suiker en 1296 kJ per dag), probeer dan om dit oor tyd te halveer na 8 teelepels of 40g suiker en 648 kJ/dag - dit is alreeds 'n taamlik vermindering. Kyk dan of jy dit nog verder kan verminder totdat jy moontlik glad nie meer suiker in jou koffie/tee drink nie - jy spaar dan omtrent 1300 kJ/dag. Alle suiker-plaasvervangers het 'n effense nasmaak en dit hang van die persoon af of hy/sy dit kan gebruik, al dan nie.
Sterkte met die nuwe en gesonde leefwyse.
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.