advertisement
Question
Posted by: Bronwen | 2008-12-16

Stywe rug, seer hande en voete

Die afgelope 2 jaar sukkel ek met my rug, voete en hande. Dit pyn nie, maar in die oggend as ek opstaan is my rug so seer en styf ek kan nie eens opstaan nie. My hande, veral by die kneukels en my voete by die knop langs die groottoon is seer, maar ' n lekker seer. Ek druk die hele tyd daaraan want dit voel of ek verligting kry.

Ek het al vir fisio gegaan vir my rug, maar die 2de keer het dit nie gehelp nie. My rug is slegs seer vanaf die middel tot bo in my nek. Dit voel of dit my spiere kan wees, maar ek is bang dat dit iets ernstig kan wees.

Ek ly aan ' n erge spastiese kolon en ek weet dit kan ook rugpyn veroorsaak. Ek was 2 maande gelede vir ' n kolonoskopie en gastroskopie. Alles is normaal.

Ek het nie medies nie en wil nie van een dokter na ' n ander gaan nie. Is daar iemand spesifiek wie ek kan gaan sien met my probleem?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageChiroDoc

Beste Bronwen
Dit kan wel 'n funksionele probleem in jou rug wees - waarvoor 'n chiropraktisyn nogal heelwat kan help. Jy moet tog ook na jou bed kyk. Is die bed ouer as 8 jaar? Dikwels kom die tipe probleem voor wanneer die bed 'n biejie "uitgele" raak - nie meer genoegsame ondersteuning waar dit nodig is. Ook moet jy na 'n bietjie oefening kyk. 'n 20 minute stappie (ongeveer 2 kms) elke dag - kan vir jou die wereld beteken. Drink ook baie water (gesuiwer asseblief!!) Dit help ook om die liggaam 'n biejie meer alkalies te kry. Te veel suur veroorsaak ook baie gewrigs probleme en ontsteking.
X/Strale van jou rug mag ook nodig wees om te bepaal of daar enige ander onderliggende probleme mag wees.
Hoop dit is tog van waarde.
Geseende Kersfees - en 'n GESONDE 2009 vir jou.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement