advertisement
Question
Posted by: Marna | 2011-11-08

Stysel maak my siek.

Beste Diet Doc,
Soek vandag raad ASB! Ek eet soggens roosterbrood of soms hawermout of mielepap vir ontbyt. Om een of ander rede voel ek na ete regtig sommer siek. Dieselfe gebeur as ek ''n bord kos met stysel eet. Het tot die gevolgtrekking gekom dat stysel my siek maak. (En dis my gunsteling kos!!!)
Beleef regtig ''n totale intoleransie. Ek kan nou ''n bord kos eet en is kort daarna weer honger! Het amper die spreekwoordelike wurm van ''n tiener.
Het al gewonder of dit nie dalk iets met my bloedsuiker te doen kan he nie, want ek het jare gelede ''n hypoglisemie toets laat doen en my bloedsuiker was baie laag.
Baie lief vir veral appels en pere maar bly nie lank versadig daarvan nie.
Ek het die laaste jaar 15kg gewig opgetel, is redelik misrabel oor myself tans!

Het u asb vir my raad?
Groete
Marna

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Marna
As jy so sleg voel nadat jy stysel of koolhidrate geëet het, soveel gewig opgetel het in 1 jaar en al in die verlede gesukkel het met lae bloedsuiker, dan wil ek aanraai dat jy eerstens jou huisarts vra om 'n sg. Glukose Toleransie Toets op jou uit te voer sodat hy/sy kan vasstel of jy dalk aan hipoglisemie (lae bloedsuiker) of insulienweerstandigheid (hoë insulien- en suikervlakke) (IW). Indien die toetse wys sat jy aan een van hierdie toestande ly, dan is dit belangrik dat jy geregistreerde dieetkundige raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieetvoorskrif vir jou uitwerk sodat jy die probleem met jou insulienvlakke kan bekamp en ook gewig kan verloor. Klik ook op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Gereelde, daaglikse oefening vir ten minste 30 minute soos flink stap, sal ook baie help vir die gewigstoename en die insulienprobleme.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-11-08

Beste Marna
As jy so sleg voel nadat jy stysel of koolhidrate geëet het, soveel gewig opgetel het in 1 jaar en al in die verlede gesukkel het met lae bloedsuiker, dan wil ek aanraai dat jy eerstens jou huisarts vra om 'n sg. Glukose Toleransie Toets op jou uit te voer sodat hy/sy kan vasstel of jy dalk aan hipoglisemie (lae bloedsuiker) of insulienweerstandigheid (hoë insulien- en suikervlakke) (IW). Indien die toetse wys sat jy aan een van hierdie toestande ly, dan is dit belangrik dat jy geregistreerde dieetkundige raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieetvoorskrif vir jou uitwerk sodat jy die probleem met jou insulienvlakke kan bekamp en ook gewig kan verloor. Klik ook op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Gereelde, daaglikse oefening vir ten minste 30 minute soos flink stap, sal ook baie help vir die gewigstoename en die insulienprobleme.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.