advertisement
Question
Posted by: Worried | 2013/02/20

Struggle to loose weight

Hi Doc, die inligting wat ek voorheen uitgelaat het: Ek is 1.65m lank en het ''n groot beenstuktuur. Dankie, ek gaan beslis na die eetplanne kyk en dit gebruik. Sal u asb steeds my BMI uitwerk en vir my sê  wat my ideale gewig is? Dankie " Hi, ek is 23jaar oud en het ''''n dogtertjie van 1jaar. Voordat ek swanger geraak het, het ek 73kg geweeg. So 4maande na haar geboorte het ek 75kg geweeg en redelik konstant gebly tot so 3 na 4 maande terug, ek weeg nou 82kg. Ek staan nou al die laaste twee weke vroeer op om tussen ''''n half uur en ''''n uur te oefen. Ek het twee weke terug begin om net ''''n vrugte smoothie (2eetl rou oats, 2 piesangs en ''''n bakkie yogurt) in die oggend te eet, 11uur ''''n vrug en vir middag ete 3 enkel provita''''s en dan aandete eet ek wat ons maak in die huis maar baie minder. Dit het nie eers gehelp nie, ek het nou van donderdag af gestop om te eet in die dag, ekt my suiker heelteml uitgeskakel, nou eet ek net in die aand ''''n bietjie van wat ons maak om te eet. Ek wil regtig so graag weer 73kg weeg, ek voel ongemaklik soos ek nou is.
Asb help my met ''''n eetplan of raad (met goed wat ek kan eet wat alledaagse items in die huis is).
Dankie!" 

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Worried
Dankie dat jy vir my jou lengte in meter aandui. Omdat jy 1.65 m lank is, behoort jy nie meer as 68 kg te weeg nie (met 'n BMI = 25). Die ideale BMI van 22 vir hierdie lengte behels dat vrouens behoort 60 kg te weeg. Met jou huidige gewig van 82 kg, is jou BMI = 30,1, dus sal dit goed wees as jy eerstens mik om 14 kg te verloor om terug te kom by 68 kg en 'n BMI van 25 (die boonste vlak van normaal).
Sterkte met die dieet en jou oefenprogram.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement