advertisement
Question
Posted by: Petru Pietersen | 2013/01/24

Stres by hondjies

Middag julle!

Ek wil gou hoor. Ons was nou Desember 2012 weg met vakansie gewees, en moes weens verskeie redes ons hondjies by die huis los. En dit by ons nuwe huis wat ons gekoop het.

Met die wat ons toe skaars weg was, het iemand by ons huis probeer inbreek. Ons vermoed dat die ou ons Foxterrier met iets bygekom het, want hulle slaap by ons in die huis en laat hulle in die aande uit voor ons in die bed gaan klim. En toe die oggend wat ons toe opstaan, het hulle teen ons koffie tafel gepiepie. Toe my man ons foxterrier soontoe neem en sy neus teen die piepie druk en hom pak gegee het met ''n tydskrif . Het my man gesê  dat hy (ons foxxie) op sy rug toe gedraai het en lyk of hy aanvalle kry. Is dit moontlik dat hulle soos mense stres aanvaar en verwag dat so iets weer mag gebeur. As ons met hulle raas en hulle pak gee. Wag ons net ''n paar minute, dan gee ons hulle weer aandag en vat hulle na die plek toe waar hulle stout was en verkeerd was en vryf hulle en se dan vir hulle nee. Of so. Ek wil sommer dan hoor sal dit dan help as ons, ons ander reun ook laat reg maak dat hulle dan nie teen alles in die huis sal merk nie? Ons foxxie is reggemaak, maar nie ons ander reun nie. Ek het gehoor dat as ''n mens die reune laat reg maak sal hulle minder aggressief wees en minder teen alles wil merk en piepie.

Wat kan ons dan doen met hulle as hulle wel stres ondervind?

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Faktore wat daartoe kan aanleiding gee dat honde items in die omgewing merk, sluit in iets nuuts (vreemds) in die huis of op die erf OF angstigheid. Die merkery kan heel moontlik ophou as julle die reun laat kastreer. In die oorgrote meerderheid van gevalle sal kastrasie wel verminderde aggressie tot gevolg hê.

'n Neusvrywery en 'n geslaan met 'n koerant is nie gewens om 'n hond huismaniere te leer nie. As hy 'n glips kry, maak dit goed skoon met biologiese seep en water. Nie met iets wat ammoniak bevat nie! Vee dit finaal skoon met 'n alkoholbevattende produk. So raak mens ontslae van die reuke. As daar 'n reukie oorbly, sal hy daarheen teruggaan.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Petru Pietersen | 2013/01/30

Baie dankie vir die raad. Ons het daarop besluit dat ons vir hulle eerder ''n huisie kry wat hulle dan nou maar eerder buite gaan slaap., Die koffie / tvtafel maak ons elke keer skoon en die mat waarop die tafel staan word ook gereeld dan gewas as ons die tafel ook skoon gemaak het, maar hulle gaan doen steeds hulle dinge daarteen. Ons sal dan sommer ons reun vat vir regmaak asap.

Wat vir my snaaks ook is dat, ons hulle wel so laat as moontlik uit vat saans om hulle dinge te gaan doen.

Die ander ding is. Ek is besig om in die tuin te werk om plante en bome en so, te laat afsaag en uithaal vir verwydering. En hulle is gereeld deur die tuin terwyl ek en die kompleks se werker in die tuin besig is. Kan dit ook dalk ''n invloed op hulle hê ?

Reply to Petru Pietersen

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement