advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009/10/13

Sternum drade

Hi Doc,

Hoop dit gaan nog goed :)

Ek sien Blommie Donderdag vir ' n jaarlikse Echo om te kyk hoe my harklep funksioneer en ek glo als is in orde. Kan nie glo nie, maar ek is nou al 18 maande post-op. Tyd het gevlieg.

Ek wil met Cardio praat oor die sternum drade en dit moontlik laat verwyder. Ek kan glad nie op sy sye slaap nie (pynlik) en as my hangertjie of veiligheidsgordel op ' n gedeelte van die borsbeen druk, dan pyn dit. Ek was al vir ' n paar laser behandelings by ' n Physio en sy sê  die sny het op die boonste deel Keloid gegaan en ' n mens kan letterlik die punte van die drade met jou vingerpunt voel - daar is nie vetjies tussen die vel en drade nie.

Ek is nogal in ' n tweestryd, want ek wil nie weer aan my laat sny nie (dit het so mooi gesond geword en behalwe vir die sny wat op sekere plekke dukker is, is dit eintlik onopsigtelik). Ek weet net nie of ek dit nog tyd moet gee met die hoop dat dit nie vir my daaglikse ongemak sal gee nie - en of ek moet vra dat hulle dit verwyder. Nie als nie, net die boonste deel wat seer maak.

1. Kan Blommie dit doen of moet ek terug Torak Shirurg toe?
2. Sal my Medies daarvoor betaal?
3. Wat behels die prosedure?

Baie dankie :) Lekker aand.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Ek dink die toraks sjirurg sal dit moet doen. Hy sal waarskynlik eers moet toestemming kry by jou medies.Ek het nog nooit gesien hoe hulle dit doen nie maar seker maar so iets: http://catalog.nucleusinc.com/generateexhibit.php?ID=15636
Hulle sal nie aan die been hoef te werk soos op die prentjie nie want dis net nodig as die been nie mooi heg nie.
Sterkte met jou opvolg, ek hoop als loop goed af!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/10/13

Hallo Cornel
Ek dink die toraks sjirurg sal dit moet doen. Hy sal waarskynlik eers moet toestemming kry by jou medies.Ek het nog nooit gesien hoe hulle dit doen nie maar seker maar so iets: http://catalog.nucleusinc.com/generateexhibit.php?ID=15636
Hulle sal nie aan die been hoef te werk soos op die prentjie nie want dis net nodig as die been nie mooi heg nie.
Sterkte met jou opvolg, ek hoop als loop goed af!
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement