advertisement
Question
Posted by: Alta | 2010/11/02

steek pyne op kopvel

hallo, ek wonder of jy dalk net kan raad gee. ek ondervind die afgelope 10 dae die aardigste steek pyn/ sock/ impulse aan die regterkant se agterste helfte van my kop. dit soos weerlig en dan weer weg. ek voel skoon siek. pyn pille verlig dit skaars. dis nie konstant nie. ek weet nie of dit uit my nek kom nie. as ek die kopvel vryf van kan ek presies voel waar dit sensitief is. self as die wind my hare waai is dit ongemaklik.
al probleem wat ek gehad het maar wat nou beter is is ook aan my regterkant was my kiestand gevoellig vir koue, dit is nou weg. en dan het ek 10 maande lank ''n abses aan my bo kiestand, 2 de oogtand, en dis amper gesond, dreineer baie min. ek kry baie hoofpyne. wat sal u voordtel, ons medies vir die jaar is uitgeput so behandeling moet -|- ant betaal word.
dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Alta
Dit kan wees waar jou nekspiere aan jou kopbeen vaskom waar dit dalk 'n inflammasie veroorsaak het. Probeer bietjie iets soos 'n spierverslapper (Norflex co) as jy nie allergies is vir enige van die bestanddele nie, en sit bietjie 'n warmwater sakkie op die area. As dit nie help nie sal jy 'n dokter moet sien.
Ek is nogal bekommerd oor die 10 maande lange abses in jou kiestand - jy kan maklik 'n chroniese infeksie in jou kakebeen kry wat kan lei tot verlies van die kakebeen en permanente misvorming - wat doen jou tandarts daaraan? Die tand moet oopgemaak word en 'n wortelkanaal moet gedoen word om die infeksie op te klaar.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Sue | 2015/12/03

Met tye ervaar ek sulke steekpyne regoor my lyf, amper asof iets my byt maar dit is nie iets wat byt nie. Wat kan dit wees?

Reply to Sue
Posted by: susan | 2013/07/10

hallo dr bets ek het amper dieselfde probleem as alta. Die afgelope 2 maande ervaar ek soms hierdie skok gevoel op my kopvel. Ek is oor die algemeen baie gesond en gebruik geen kroniese medikasies nie, net vitamienes. dit gebeur so eenkeer per week dan voel dit net skielik asof iets my op my kopvel skok/impuls. Dit is nie seer daarna of gevoelig nie. So skielik wat dit kom gaan dit weer. Wat n vreemde gevoel maar tog ook ietwat ontstellend as so iets nog nooit gebeur het nie. my hande gaan soms so dood dat ek nie eers die item in my hand kan voel nie. Gebeur ook soms as ek slaap dat my hand/arm doodgaan. My pa het dieselfde simptome gehad wat dit aan betref. Is dit dalk iets oorerflik of het dit dalk met suiker te doen? groete susan

Reply to susan
Posted by: alta | 2010/11/04

baie dankie, sal medesyne kry en tandarts gaan sien

Reply to alta
Posted by: Cyberdoc | 2010/11/02

Hallo Alta
Dit kan wees waar jou nekspiere aan jou kopbeen vaskom waar dit dalk 'n inflammasie veroorsaak het. Probeer bietjie iets soos 'n spierverslapper (Norflex co) as jy nie allergies is vir enige van die bestanddele nie, en sit bietjie 'n warmwater sakkie op die area. As dit nie help nie sal jy 'n dokter moet sien.
Ek is nogal bekommerd oor die 10 maande lange abses in jou kiestand - jy kan maklik 'n chroniese infeksie in jou kakebeen kry wat kan lei tot verlies van die kakebeen en permanente misvorming - wat doen jou tandarts daaraan? Die tand moet oopgemaak word en 'n wortelkanaal moet gedoen word om die infeksie op te klaar.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement