advertisement
Question
Posted by: Elna Watson | 2011/06/09

Steek hoofpyn aan linkerkant

Dit het al gebeur by vorige geleenthede dat ek sulke steekhoofpyne kry, maar dan is dit vir maande weer niks.
Gisteraand het dit 2 keer gebeur omtrent ''n uur uitmekaar, dit is die ergste steek pyn aan die linkerkant van my kop, by my slaap en by my oog. Die pyn duur ongeveer vir 5 sec tot langer dan is dit weg maar dan voel dit of ek nie ''n goeie visie het nie, en ek moet stil sit vir ''n ruk. Na dit gebeur het voel dit of my linkeroog aan die binnekant geswel voel asook die linkerkant van my gesig voel vir my dikker as die regtekant van my gesig. Ek het die afgelope tyd ook agtergekom ek sukkel met rukke om linker en regterkant te onderskei as ek vir iemand iets verduidelik
ek is ''n tipe 2 diabeet, met hoe bloeddruk en cholestrol

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Elna,

Die steekpyne klink asof dit miskien van die kaak spiere kom, veral as die linkerkant dicker voel, maar ‘n mens kan nie seker wees sonder ‘n volledige ondersoek. Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: riekie | 2016/01/20

My seun van sestien het n hoofpyn maar dit maak steek pyne aan die linker kant van sy kop is effens geswel wat kan dit wees hy raak ook duislig

Reply to riekie
Posted by: Johan | 2015/09/17

Ek het die afgelope week steek klop pyn aan linkerkant van my gesig wat veroorsaak dat my oor pyn en tot in my nek in. My oor voel dof en partykeer is my was hard en dan soms ook slymerig. Die linker oog klop aanhoudend en my kakebeen voel lam saam my skouer.

Reply to Johan
Posted by: Rencey | 2011/07/25

Ek is ''n " gewoonte hoofpynlyer"  en ken van hoofpyne. Vanaf Vrydag kry ek af en toe steekpyne aan die linkerkant van my kop maar gaan dan weg, soms vir lang rukke. Dit is nie iets wat ek gewoond is of ken nie. Enige raad?

Reply to Rencey
Posted by: Headache expert | 2011/06/13

Beste Elna,

Die steekpyne klink asof dit miskien van die kaak spiere kom, veral as die linkerkant dicker voel, maar ‘n mens kan nie seker wees sonder ‘n volledige ondersoek. Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

Reply to Headache expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement