advertisement
Question
Posted by: Dog lover! | 2008/10/06

Staffie se vreemde gedrag?

Hi daar,

Graag wil ek u raad he oor my 9 jarige staffie. Bullie is manlik, maar ons het hom " reggemaak"  toe hy nog klein was. Die afgelope 2 jaar het hy die vreemdste gedrag as daar mense vir ons kom kuier. Dit gebeur met mense wat al lank bekend is aan ons en hy was nie so gewees toe hy jonger was nie. Dis asof hy ' n angstig is - hy bewe en haal vinnig asem met sy tong wat uithang. Hy wil net agter alles inkruip en het al amper die vistenk omgegooi om weg te kom. Eers het ek gedink dit gebeur net as ' n spesifieke oom daar kom - ek weet hy haat honde en ek het gesien hoe hy na hom toe geskop het ' n geruime tyd terug. Met vrouens is dit glad nie so erg nie?! Een familielid (' n man wat mal is oor honde) wat glad nie baie by ons kom is hy mal oor - wil op sy skoot sit.

Bullie is BAIE bederf en het groot geword in ons huis. Wat kan die rede wees vir sy vreemde gedrag as mense kom kuier?
Soek hy aandag? Ek het hom al probeer veearts toe neem, maar hy het amper sy been gebreek soos hy probeer wegskram het.

Nog 1 vragie: sy oortjie het nou die dag geswel, kompleet asof daar water in is? Mens kon sien hy wou dit krap,maar dit was te seer? Dit het na so paar dae " platter"  geword en verdwyn. Is dit iets om oor te worry?

BAIE BAIE dankie. Bullie is soos ' n lid van ons gesin.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Dear Dog Lover

Op nege jarige ouderdom gaan honde oor in hulle bejaarde fase en gedragsverandering in die stadium is normaal. Ek vermoed hy het 'n slegte ondervinding met 'n kuiergas gehad en hy oorreageer nou 'n bietjie. Probeer mense se kuiers met iets positief koppel soos om hom kos of treats te gee. Wat ook baie sal help is om 'n DAP diffuser te koop en die heeltyd aan te los. Dit sal hom rustiger laat voel en die aanpassing makliker maak.

Die gewselde oor is dieslefede as blomkoolore wat rugbyspelers kry. Hy het moontlik 'n oorinfeksie wat maak dat hy sy kop te veel skud. Vat hom veearts toe om in sy ore te kyk.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement