advertisement
Question
Posted by: Dave | 2009/08/16

Stadige Hartklop

Hallo Dr, Bets

Ek gebruik ' n voorgeskrewe ' Carvetrend 12.5mg'  wat ek middeldeur sny en twee helftes per dag gebruik (gewoonlik na ete omdat dit dan heelwaarskynlik langer aktief bly).

Somtyds, wanneer ek dit nie gebruik het nie, kry ek gedurende die nag ' n paar sekondes van baie vinnige hartklop. Dit hardloop nie lank asof reisies nie, maar lank genoeg om my ernstig te bekommer. Dan staan ek op en gaan drink ' n Carvetrend. Heelwaarskynlik gebeur dit deur die dag ook, maar dit is meer opletbaar in die nag.

As ek onthou drink ek dit (Carvetrend) gereeld. (Ek drink ook Zetomax 20mg asook Eltroxin 0.1mg ((2 pd)), Plenish K 600mg en Puresis) mi hopeloos te veel pille vir my jeugdige 62, maar dit is wat geskryf staan op my kroniese voorskrif.

Carvetrend (heelwaarskynlik is dit dit)... ek het eendag (±  maande gelede) my bloeddruk gemeet wat toe 110/76 was met ' n hartklop van 46. Die volgende oggend het die dokter ' n lesing geneem wat gedui het op 56. Gisteraand sit ek hier by die PC en ek kom agter my hartklop voel baie stadig. Bloeddruk monitor en die lesing was 130/80 met ' n polsslag van 53.

Nuuskierig neem ek toe dié  van my vrou wat toe 117/71 en polsslag van 61 is, maar sy is ' n gesondheidfreak wat nou ½ kg minder weeg as 41 jaar gelede toe ons getroud is, en dit is nou ' n volle 43½ kg. So ek weet nie of ek vergelykings kan tref nie.

Eintlik kon ek maar net gevra het of daar perke is vir ' n stadige hartklop. Die leek in my sê  dat dit goed mò è t wees maar die realis in my sê  " vra vir Dr. Bets of dit ô raait is" .

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dave

'n Rustende hartklop van 50 en minder is 'n bradikardi, dit wil se 'n abnormale lae rustende hartklop. Jy moet 'n kardioloog konsulteer, want indien jou hartklop te laag is, moet 'n pasaangeer ingeplant word. Dit sal jou simptome baie verbeter, asook jou lewensomstandighede.

Die dokter moet ook jou onder aktiewe skildklier in gedagte hou en bloedtoetse doen om vas te stel of dit voldoende behandel word.

'n Lae hartklop kan baie gevaarlik wees en daarom is dit belangrik dat jy so gou as moontlik 'n kardioloog konsulteer.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Dave | 2009/08/16

Baie dankie Dr Anrich, vir die vroeë r as verwagte antwoord. Ons moet onthou dat die stadige hartklop heelwaarskynlik deur Carvetrend veroorsaak is. Redeneer ek dom as ek oorweeg om die dosis met die helfte te sny (of Carvetrend selfs heel uit te sny) en die reaksie daarop dop te hou? Ek het dit vanaand gedrink en dit sal uitgewerk wees in die oggendure wat ' n besliste antwoord sal gee. Dankie nogmaals.

Reply to Dave

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement