advertisement
Question
Posted by: LIANA | 2010/09/30

STAAN STIL

HI DOC. HOOP U KAN HELP. EK HET REEDS 10 KG VERLOOR, MAAR STAAN NOU DOODSTIL AL VIR N MAAND LANK MAAK NIE SAAK WAT EK MAAK NIE. EK HET N VET ROL OM MY MAAG WAARVAN EK GRAAG ONSLAE VAN WIL RAAK. WAT KAN EK DOEN NET OM MY LIGGAAM TE KRY OM WEER VERDER VET TE VERBRAND. EK OEFEN ELKE 2DE DAG, TRAP OEFEN FIETS VIR 1 UUR ( SOMS N UUR EN HALF ) TEEN N SPOED WAT SO 50CAL VERBRAND VIR ELKE 10MIN VOLGENS DIE FIETS SE MONITOR. DOEN OOK NA DIE TYD ANDER OEFENING SOOS SITUPS EN SO AAN. EET GESOND GEEN CHIPS GASKOELDRANK EN LEKKERS. ENIGE RAAD OOR WAT EK KAN DOEN? U HULP WORD WAARDEER. BAIE DANKIE.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liana
Baie geluk dat jy die 10 kg afgeskud het - jy is 'n **ster**! Dit is besonder frustrerend wanneer mens se gewigsverlies so stilstaan. Dit kan die gevolg wees van 'n paar oorsake: 1) Die dieet wat jy gebruik bevat miskien nog steeds te veel energie om gewigsverlies konstant te handhaaf ten spyte van die feit dat jy nie skyfies of gaskoeldranke en lekkers eet nie. Kyk na die verslankingsdiëte op hierdie Webwerf (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') om te sien of jy nie dalk te veel kJ inneem nie en pas jou kosinname daarvolgens aan. 2) Indien jou dieet nou weer te min kJ bevat, sal die liggaam sy gewigsverlies-meganismes afskakel om energie te bewaar. Dit is dus belangrik om net die regte hoeveelheid energie in te neem. Wat abdominale vet aanbetref, is dit ongelukkig baie moeilik om daarvan ontslae te raak. Jy is alreeds op die regte pad met die aërobiese oefening (die fietsry) en die 'sit-ups' en jy moet nou volhard daarmee want jy sal weer begin gewig verloor oor tyd. Indien jy wel nog oorblywende vet op die maag het, nadat jy jou teikengewig bereik het, sal jy moontlik dit moet laat verwyder m.b.v. 'liposuction' wat deur 'n plastiese chirurgie gedoen kan word. Maar kyk eers hoe jy met aanpassing van jou dieet en volharding met die oefening kan vorder. Aanhou wen!
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement