advertisement
Question
Posted by: Tania | 2011/07/18

Springerige spier

HI Dokter.... ek is ses maande swanger en die laaste week spring hier aanhoudend ''n spier langs die kant van my kop aan die linkerkant bo... Dit is seer en ongemaklik... Gewoonlik sal ek nie bekommerd wees nie, maar dit gebeur nou gereeld elke dag en is baie ongemaklik en seer. Dit spring so hard, ek voel eintlik hoe dit teen die been spring.... wat kan die oorsaak wees en wat kan ek drink om dit te laat ontspan? Ek het dit al probeer vryf en als,selfs om ''n drukking daar te plaas, maar niks werk nie... Voel of my wangbeen bewe eintlik .Oor die algemeen kry ek baie migraines, maar dit het tog verbeter in die swangerskap...nou net kopseere. Enige raad sal welkom wees...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Tania

Ek stel voor dat jy jou dieet met kalsium en magnesium aanvul, aangesien 'n tekort aan hierdie mikro-elemente, jou spiere kan laat spring. Kry ook folaat aanvullings, want dit is uitstekend vir die ontwikkeling van jou baba se senuwee sisteem. Konsulteer 'n fisioterapeut vir die massering van nek en skouers, aangesien oormatige spierspasma definitief jou simptome kan veroorsaak. Indien jou simptome nie verbeter nie, moet jy jou dokter vir 'n ondersoek en bloedtoetse konsulteer.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement