advertisement
Question
Posted by: Anni | 2011-08-09

Sports besering

Hi dok, ek het ''n 16 jarige seun wat op internasionale vlak deelneem aan swem. Hy oefen ongeveer 3 en ''n half ure 8x perweek en het al ''n paar medaljes losgeslaan. Ek kook vir hom al sy maaltye en hy eet baie reg so met sy swem byeenkomste. Hy het ongeveer 3 weke terug sy kop oopgestamp - dit was omtrent ''n 10cm sny maar die dokters het net die sny toegeplak met gom, hy het nie steke nodig gehad nie. Hy het die week aan die nasionale kampioenskappe deelgeneem, maar hy het ''n drastiese verandering in sy tye gehad. Sommer 5-8 sekondes af van wat sy vorige tye was. Hy eet reg, het baie meer ingesit met die oefening om reg te wees vir die kampioenskappe, maar het nogsteeds slegter gedoen as van te vore. Dit het nognooit gebeur nie en ons het gewonder of die kopwond dalk ''n rede kan wees vir die stadiger swem. Ons doen al die ander goed dieselfde. Hy het sulke hoe drome en ideale wat hy vir homself stel en ek raak benoud as ek sien onder hoeveel druk hy homself sit. Ons probeer hom moed inpraat en ons ondersteun hom in sy droom. Wat stel u voor moet ons doen? Is dit iets om oor bekommerd te wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Anni

Ek stel voor dat julle 'n neuroloog konsulteer om vas te stel of daar 'n onderliggende komplikasie is na die hoof besering, soos byvoorbeeld 'n klein sub-durale bloeding. Indien daar geen komplikasies is nie, stel ek voor dat hy 'n sport sielkundige konsulteer vir behandeling en advies om die druk te hanteer.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement