advertisement
Question
Posted by: AD | 2010/05/18

Splinters onder naels

Hi Dokter, ek kry al vir jare iets wat lyk soos hout splinters onder my naels, dit is nie altyd daar nie maar wel van tyd tot tyd. Ek het so ''n rukkie terug in die Huisgenoot gelees dat dit dalk ''n aanduiding kan wees op een of ander kondisie of infeksie met die hart. Ek let weer vanoggend daardie splinters op maar voel nie regtig siek nie (slegs ''n ligte verkoue) en wil nie vir niks dokter toe hardloop nie maar ek wil ook nie iets mis as dit dalk wel meriete het nie. Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo AD
Splinterbloedings kan nogal 'n teken wees van 'n infeksie van die hart (endokarditis) wat gevaarlik kan wees. Maak net seker - laat jou dokter jou ondersoek en bloed toetse doen. 'n Ander rede is gewone trauma van die naels wat natuurlik gladnie gevaarlik is nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Martie Bierman | 2010/06/30

Ek het diep riwwe op my naels, wat ook split (vertikaal) wat veroorsaak dit en hoe kan ek dit behandel? my naels is ook baie dun

Reply to Martie Bierman
Posted by: Cornel | 2010/05/18

AD, ek is so bly om te lees dat daar NOG iemand daar buite is wat hierdie onverklaarbare splinter bloedings het.

Ek het ''n hartklep laat reg maak en het in 2007 Endocarditis (SBE) gehad, maar ek het ook vir ''n lang tyd al die splinters en dis baie irriterend want ek is ''n nael-doener in my vrye tyd en dit lyk vuil! Ek was al vir bloedtoetse: 3 liters bloed later het als negatief terug gekom, so daar is geen infeksie of lewensdrygende kwaal nie, maar steeds kry ek die splinters in my toon naels en vinger naels en so kom en gaan dit maar.

Ek is 34. Hoop dit het gehelp.

Reply to Cornel
Posted by: Cyberdoc | 2010/05/18

Hallo AD
Splinterbloedings kan nogal 'n teken wees van 'n infeksie van die hart (endokarditis) wat gevaarlik kan wees. Maak net seker - laat jou dokter jou ondersoek en bloed toetse doen. 'n Ander rede is gewone trauma van die naels wat natuurlik gladnie gevaarlik is nie.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement