advertisement
Question
Posted by: Spaz | 2012/08/13

Spierverlamming / Pyn

Beste Dr. ek kry ongeveer 1 maal n jaar so aanval. Dit begin altyd in my linkerskouer waar dt voel asof n spier vasgeknyp word in die " vlerkie"  gedeelte. Daarna verskuif die pyn na die voorkant van my arm en ek kan die arm glad nie gebruik nie, want hy het geen spiere/krag vermoe nie. Dit pyn konstant, en is erger as ek beweeg.

Met die aanval wat ek tans ondervind, het dit die waai van my bene ook aangetas. As ek loop is dit pynlik en ek loop moeilik. Ek was na ons local GP toe, en hy het my slegs meegedeel dis n virus!! Watse virus??? Hyt Panamor en Spasmed gegee, maar dit maak my net vaak en verlig nie die pyn nie. Wat is u opinie, wat kan dit wees en wat veroorsaak dit? Dis onuithoudbaar pynlik die laaste 4 dae. Baie dankie vir die advies.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Spaz

Ek stel voor dat jy so spoedig moontlik 'n ortopeet konsulteer. Bloedtoetse en plate kan van groot waarde wees om 'n definitiewe diagnose te maak. Toestande soos gout, tendonitis en bursitis moet uitgeskakel word. Jy kan voortgaan met Panamor en Spasmed.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement