advertisement
Question
Posted by: Ron from Uitenhage | 2009-02-16

spierpyne agter my hakskene permanent

Ek het aanhoudende pyne in my voetspiere aangesien ek nie op my hakke kan trap nie. Dokter het plate laat neem en gese dat dit hoenderspoor is. Ek dra arch supports maar dit help nie. Die pyne is agter my hakskene en nie in my hak self nie. Indien ek drukking plaas agter my hakskene is dit pynlik. Het al hoeveel inflamasie pille gedrink maar niks help nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ron
Hakpyn is baie algemeen en baie moeilik om te behandel - mens begin maar met die basiese behandeling wat anti-inflammatoriese pille is, en 'n skoen binnesool, maar as dit nie help nie, is die volgende stap fisioterapie. As dit nie help nie, moet jy dalk 'n ortopeed sien wat kortisoon in die hak inspuit. Partykeer is dit nodig om die voet in gips te sit vir 'n tydjie dat die been en spiere kan rus.
Sterkte hiermee - kyk of jy by 'n fisioterapeut kan uitkom!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement