advertisement
Question
Posted by: HC | 2008/12/28

Spierpyne

Hallo dr. Ek het ' n verskriklike paar jaar agter die rug. Ek het spierpyne in my sykant begin kry. Eks van die een dr na die ander en nie een kon my help nie (miskien omdat hulle nie mooi geluister het nie) Die pyne het al erger geword, tot dit naderhand gevoel het my hele regterkant het gekrimp. Ek het ontsettend pyn gehad en erg ongemaklik gevoel. Ek het gewonder of die feit dat ek my huis se mure gewas het, dalk die oorsaak kon wees dat daai spiere ooreis is en omdat ek nie gehelp was nie, so erg geword het. Ek het begin om my spiere te strek (eintlik het dit gevoel ek skeur die spiere van my lyf af). Ek kan voel daar is al ' n verandering, Hoe sou u die pyn en gevoel beskryf as dit u was of weet u van iemand met wie dit al gebeur het? Ek sal dit baie waardeer indien u kan help.
Groete en voorspoedige nuwe jaar.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageChiroDoc

Beste "HC" - Te hard gewerk in 'n ongewone en moontlike ongemaklike posisie kon beslis bygedra het tot jou probleem. Daar het moontlik 'n taamlike afwyking in jou rugwerwels se normale funksionele integriteit plaasgevind - wat dan ook die rugspiere erg sou aantas. Hierdie soort gevalle word daagliks deur chiropraktisyns behandel en ek stel voor dat indien jou probleem nog nie opgeklaar het nie - dat jy so spoedig moontlik by 'n chiropraktisyn uitkom. Ek vertrou die nuwe jaar sal daarna - redelik pynloos en vol vreugde en goeie gesondheid wees.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement