advertisement
Question
Posted by: Raadop | 2010/05/20

Spierpyn

Goeie dag,
Het in Augustus 2007 bewus geword van die pyn wat eers net agter my blad was &  toe na my nek versprei het, van my nek na my die bokant van my hande &  my voete het veral in die oggend wanneer ek opstaan ''n stywigheid. Pyn is nou ook in my kuite. Was al van ''n GP tot ''n fisioterapeut tot ''n chiropraktisyn tot.., het al moed opgegee. Gestuur vir x-trale,kry pynstillers &  anti-inflamatoriese pille. Een dr het gesê  my liggaam verplaas die pyn. Laaste dr het bloedtoetse gedoen, tellings reg. x-trale van nek tot by stuitjie - als fine -wys net dat daar dalk ''n spasma in my nek is. Indien ek soos bv verkoue het is dit of die pyn dominerender wil wees. Ek dink as ek my mond oopmaak &  sê  ek het pyn, gee ek almal al ''n pyn. Ek kry so af &  toe ''n breek dan sal ek vir ''n week of 2 geen ernstige pyn ervaar nie &  wanneer dit terug is, is dit met mening terug. Kan u my ''n aanduiding gee wat hierdie nimmer eindigende pyn veroorsaak asseblief?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Raadop
Jy het dalk fibromialgie - dit is 'n komplekse pynsindroom waar die brein pyn "verkeerd" ervaar agv 'n ou besering. 'n Rheumatoloog is die regte dokter om hiervoor te sien. Dit mag help om 'n trisikliese antidepressant saans te gebruik ( dit moduleer die pynimpulse na die brein en verhoog serotonien hormoon wat ook help) en ligte oefening soos stap 30 min per dag help ook ( dit verhoog natuurlike pynstillers - endorfiene)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Kan nie meer | 2016/05/02

Ek het die selfde probleem, al die spiere in my lyf pyn ,al die bloedtoese is reg geen fibromialgie. Kan die pyn nie meer verduur het klein geel kapsiel by iemand gekrei om te drink, dit het die pyn verlig.wat is die naam? Dit is n antieinflamatoriese pil.

Reply to Kan nie meer
Posted by: Anne | 2014/04/02

Ek ht di@selfde blad pyn tot by skouer en in bors was by n dokter hy se ds long infeksie kan dt wees

Reply to Anne
Posted by: Raadop | 2010/05/24

Baie dankie, sien hier ''n dr by die Jakaranda hospitaal.

Reply to Raadop
Posted by: cyberdoc | 2010/05/20

Hallo Raadop
Jy het dalk fibromialgie - dit is 'n komplekse pynsindroom waar die brein pyn "verkeerd" ervaar agv 'n ou besering. 'n Rheumatoloog is die regte dokter om hiervoor te sien. Dit mag help om 'n trisikliese antidepressant saans te gebruik ( dit moduleer die pynimpulse na die brein en verhoog serotonien hormoon wat ook help) en ligte oefening soos stap 30 min per dag help ook ( dit verhoog natuurlike pynstillers - endorfiene)
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement