advertisement
Question
Posted by: Lala | 2012/09/21

Spiere

Hi Dr

Ek ervaar die afgelope dag of twee ''n snaakse gevoel by my regter elmboog. Dit voel soos ''n spier wat spring maar so erg as ek my hande daarop plaas voel ek dit duidelik, selfs ander mense kan dit voel . Dit is nie pynlik nie, maar irreterend. Ek sukkel ook geweldig met my regterhand wat slaap en doodgaan, veral in die nag. Ek het werwel probleme in my nek (5/6) wat my Ortopeed twee jaar terug voorspel het dat dit vir my in die toekoms gaan probleme gee en moontlik geopereer moet word. Ek het al ''n fisie op 3/4 gehad.

Wat is u opinie hieroor? Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Lala

Die spring van jou spiere, is heel waarskynlik weens senuwee irritasie in jou nek of as gevolg van 'n tekort van mikro-elemente, soos magnesium en sout. Jy kan altyd jou apteker vir Slow Mag en soutpille vra. Die dooie gevoel in jou hand kan as gevolg van jou nek patologie wees of karpale tonnelsindroom wees. Dit is baie belangrik dat jy jou ortopeet herkonsulteer vir plate en 'n moontlike MRI skandering van jou nek. Hy/sy moet ook die moontlikheid van karpale tonnelsindroom ondersoek.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement