advertisement
Question
Posted by: Ina | 2008/11/04

Spier pyne

My spiere in my nek en rug (reg langs die ruggraat af) is permanent seer. Wanneer ek werk is dit die ergste, dit brand laterhand soos ' n kool vuur. Dis die heel tyd seer en gevoelig en dit spring wanneer mens daaraan vat. Iets soos massering laat dit nie beter voel nie, ek kan dit skaars uithou as iemand my probeer masseer. Wat kan dit wees en is daar iets wat ek daarvoor kan gebruik wat regtig sal werk? Ek het die probleem nou al amper 8 jaar. Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ina
Fisioterapie is waarskynlik die oplossing - jy moet oefeninge kry om jou rug te versterk, en fisio's maak mens gewoonlik nie so seer soos maseuses nie - hulle gebruik goed soos inteferensie en infrarooi om die spiere te ontspan. Baie keer moet jou dokter tydelik 'n sentraal werkende spierverslapper ook by gee soos Valium - NET korttermyn want dit is baie verslawend.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement