advertisement
Question
Posted by: Liana | 2009/05/09

Spier en fisio vraag

Ek is 28 en het nou al twee fisio sessies gehad vir my rug en nek wat erge spierspasma het. Dit is so erg dat my terapeut naalde wil begin gebruik as die gewone fisio nie help nie. Sy kan letterlik die knope met twee vingers vasvat en masseer. My rug voel al bietjie beter en minder styf maar sedert my laaste sessie kry ek die snaakste gevoel in my linker been en linkerarm, amper soos naalde en spelde en dit voel of die spiere " beweeg" , veral die in my been. Dis nie rerig seer nie, maar dit bekommer my tog want dit voel ongelooflik vreemd en nie normaal nie. Dit voel ook half lammerig. Kan dit die fisio wees wat dit veroorsaak en sal dit mettertyd weggaan?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liana

Ek stel voor dat jy 'n ortopediese chirurg konsulteer vir x-strale, sodat enige senuwee irritasie uit geskakel kan word.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement