advertisement
Question
Posted by: Louis Fourie | 2012/11/19

Spier besering tydens gim opgedoen

Ek gim nou al ''n jaar lank en oefen met swaar gewigte, maar het my beseer toe ek ''n nuwe borsoefening doen. My skouer, bors en onderste boarmspier het seer gekry en dis nou al weke dat ek nie my arm behoorlik kan gebruik nie, hy gee mee as ek swaar optel of op hom druk. My vingers voel of hulle slaap. Was by phisioterapeut, het naalde ingedruk en inspuitings gekry, maar die dooie gevoel in vingers wil nie weg nie en my arm bly swak? Wat kan fout wees en sal dit regkom? Ek het onlangs weer liggies met die gewigte begin te oefen, maar dit wil nie regkom nie. Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Louis

Jy sal 'n neuroloog vir 'n ondersoek en 'n geleidingstudie van die senuwee wat die arm van motoriese funksie voorsien, moet konsulteer. Dit is moontlik dat jy 'n spier geskeur het, met gevolglike fibrose en dat die fibrose die senuwee vasknyp. Geringe drukking op 'n senuwee kan swakheid en 'n neuropatiese tipe pyn veroorsaak. Dit sal ook verduidelik hoekom jou vingers 'n dooie gevoel het. Die neuroloog sal heel waarskynlik 'n skandering ook aanvra.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement